US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid

  • 5

Frederik van Dyk: foto verskaf

Sedert Donderdag het ek in my hoedanigheid as US Konvokasie-sekretaris en amptenaar by StudentePlein ’n groeiende vlaag klagtes van verskrikte eerstejaars ontvang. Die refrein is telkens dieselfde: Koshuisleiers beveel dat studente slegs Engels met mekaar praat, met ’n spesifieke fokus op die Afrikaanssprekende nuwelinge. Die drupperige vermaning word opgevolg met manipulasie, deurdat eerstejaars vertel word dat dit uitsluitend is om jou moedertaal te gebruik, wat ook al die reikwydte en betekenis van “uitsluiting” hier mag wees. Die magiese woordjie is toe geplooi om selfs na private en informele gesprekke te verwys, en is afgedwing by Minerva-dameskoshuis deur die dreigement dat oortreders na hul kamers gestuur sal word omdat hulle duidelik dan nie aan die verwelkomingsprogram “wil deel hê” nie.

.........

Die debat oor tale van onderrig en leer, navorsing en formele praktiese gebruik is een aspek van taalbeleid aan ’n universiteit. Dit is ’n moeilike aspek om te bewerk, want toegang tot onderrig en volhoubaarheid, asook prestige van amptelike tale moet geweeg word en in praktiese beleid omgeskakel word.

...........

Die debat oor tale van onderrig en leer, navorsing en formele praktiese gebruik is een aspek van taalbeleid aan ’n universiteit. Dit is ’n moeilike aspek om te bewerk, want toegang tot onderrig en volhoubaarheid, asook prestige van amptelike tale moet geweeg word en in praktiese beleid omgeskakel word.

Maar die taal wat ’n persoon as deel van ’n taalgroep vrylik praat buite formele kontekste soos klaskamers en openbare vergaderings, is ononderhandelbaar. Die hewige belangrikheid van persoonlike outonomie en vryheid om jou taalkeuses uit te oefen beteken dat afdwinging van Engels neerkom op ’n growwe skending van basiese menseregte. Die letter en gees van die Handves van Menseregte is in totale teenstryd met die gedrag van Maties-koshuisleiers teenoor hierdie studente. Geen gewaande “inklusiwiteit” kan gebou word op ’n fondasie van vervolgingsvrees, verleentheid en Engelse taalmeerderwaardigheid nie.

..........

Die hewige belangrikheid van persoonlike outonomie en vryheid om jou taalkeuses uit te oefen beteken dat afdwinging van Engels neerkom op ’n growwe skending van basiese menseregte. Die letter en gees van die Handves van Menseregte is in totale teenstryd met die gedrag van Maties-koshuisleiers teenoor hierdie studente.

...........

Die meedoënlose gebruik van Engels om alles en almal te probeer bedien het die gevolg dat dié taal (wat oorheers weens geskiedkundige toeval en nie inherente meerderwaardigheid nie) ’n onbillike hoeveelheid openbare voordeel en ruimte opneem. Die onvolhoubare en skadelike gevolg is dat onoordeelkundige gebruik van Engels lei tot die marginalisering van ander amptelike tale in Suid-Afrika. ’n Meerderwaardigheidsin word rondom Engelswees gekweek, wat dikwels regverdig word oor die boeg van praktiese insluiting. As ons egter aanvaar dat tale, en by implikasie mense as skeppers van tale, inherent gelyk is, moet ons voorts ook aanvaar dat die bevoorregting van een taal bo ander baie oordeelkundig en versigtig moet geskied. Praktiese insluiting beteken nie dat Engels te alle tye hardhandig en totaliserend afgedwing moet word nie. Dit moet juis die minste redelike impak op die taalregte en volhoubaarheid van ander tale uitoefen. Hierdie standaard is juis waarom die Grondwet nie goedsmoeds toelaat dat veeltaligheid afgewater word nie.

........

In die Maties-koshuise word die Engels-as-insluiting-mantra tot die uiterste gedryf, sodat moedertale blykbaar onder ’n atmosfeer van verleentheid en vrees weggewens word. Die sosiolinguistiese impak hiervan is nie ’n faktor in die koshuisleiers of hul hanteerders se oordeel nie. Hulle besef nie dat taal ’n aspek van menslike kultuur is wat ook gekoester en opgepas moet word nie; hulle meen hardhandige afdwinging sal geen nadeel op ander tale se statuur uitoefen nie.

.........

In die Maties-koshuise word die Engels-as-insluiting-mantra tot die uiterste gedryf, sodat moedertale blykbaar onder ’n atmosfeer van verleentheid en vrees weggewens word. Die sosiolinguistiese impak hiervan is nie ’n faktor in die koshuisleiers of hul hanteerders se oordeel nie. Hulle besef nie dat taal ’n aspek van menslike kultuur is wat ook gekoester en opgepas moet word nie; hulle meen hardhandige afdwinging sal geen nadeel op ander tale se statuur uitoefen nie. Inteendeel, dieselfde hardhandigheid deur koloniale heersers die wêreld oor het gelei tot die amperse uitsterwing van al die Keltiese tale op die Britse eilande. Taal-afdwinging is nie iets wat in ’n silo gebeur nie – dit het werklike gevolge vir mense, veral jongmense, se besluite oor wat om met hul moedertale te doen. As die stelsel my verguis oor my moedertaal, wat help dit ek stry teen die stroom? Die bevoorregting van Engels lei regstreeks tot ’n onvolhoubare, vredelose toekoms vir ander amptelike tale.

Die gees van die US se 2016-Taalbeleid is met die eerste oogopslag een wat veeltaligheid wil betrek en ook seker maak dat die universiteit taaltoeganklik is.

Die beleid se inleiding lui:

Aan die US is ons fokus op die omgang met kennis. As deel van hierdie omgang hou die US rekening met die diversiteit van ons samelewing, wat ons taaldiversiteit insluit, sowel as die intellektuele rykdom wat in daardie diversiteit opgesluit lê. Die Suid-Afrikaanse Grondwet verleen amptelike status aan elf tale en ag al hierdie tale as bates wat aangewend behoort te word as ’n manier om mense se potensiaal te ontwikkel. Die Grondwet bepaal dat daar nie onbillik teen enigiemand op verbode gronde gediskrimineer mag word nie.

Die beleid beskryf ook die land en universiteit se meertalige konteks as gronde daarvoor om ’n meertalige omgewing te onderhou, en fokus dan weens geografiese en demografiese regverdigbaarheid op Afrikaans, Engels en Xhosa. Die beleid se mikpunte in klousule 5 betrek die artikel 9-gelykheidsklousule en die artikel 29(2)-klousule oor taal van tersiêre onderrig. Dit fokus verder op billike, inklusiewe toegang en merk dan op dat meertaligheid as onderskeidende kenmerk van die US moet uitstaan.

Dié mikpunte het egter reeds ’n rooi vlaggie: Om artikels 9 en 29 te betrek in ’n beleid oor taal sonder om artikel 6, die taalklousule, ook in te werk, dui op onvolledigheid. Dit laat die US toe om gelykheid en redelike praktiesheid wat onderskeidelik in artikels 9 en 29 vervat word, te gebruik om tale benewens Engels verder en verder af te water in die akademie, en die buite-akademiese gebruik gans te ignoreer. Die taalklousule gee nie bloot die land se amptelike tale weer nie. Dit skryf ook voor dat die staat, wat argumentsonthalwe alle staatsentiteite, soos openbare universiteite, insluit, proaktief moet optree en dus “praktiese en daadwerklike maatreëls [moet] tref om die status van [inheemse] tale te verhoog en hul gebruik te bevorder”.  Die Taalbeleid gaan dus selektief om met taalbepalings in die Grondwet, en betrek net sekere klousules. Boonop spreek die gebruik van artikels 9 en 29 nie tot die universiteitslewe buiten onderrig en leer nie, wat beteken dat die taalbeleid nie op die Grondwet gefundeer is wat die US-studentegemeenskappe betref nie. Hierdie leemte dui op ’n beleid wat onvoldoende is, gemeet aan sy eie mikpunt om “meertaligheid as ’n belangrike onderskeidende kenmerk van die US te bevorder”.

Verder word, onder die beginsels waarvolgens die beleid toepassingsmaatreëls tref, die volgende in klousules 6.3 en 6.4 gestel:

6.3 Die US respekteer die tale wat studente en personeellede gebruik, en erken hulle taalvoorkeure en taalvaardigheidsvlakke.

6.4 Die US erken die komplekse rol van taal oor die algemeen, en van ons afsonderlike tale in die besonder, in ons samelewing. Alle tale word as hulpbronne vir die doeltreffende opbou van kennis beskou.

Dit is nie moeilik om in te sien hoe die koshuisleiers van Minerva en Irene hierdie bepalings flagrant vertrap nie. Klousule 7.2.5 bepaal dat formele aktiwiteite in koshuise vir almal verstaanbaar moet wees, wat ’n billike reëling is. Dit skryf nie die alleengebruik van Engels voor nie, en gegewe die beleid se verbintenis tot veeltaligheid moet daar eerder gepoog word om formele aktiwiteite, indien doenlik, proaktief veeltalig aan te bied. Engels kan dalk ’n leidende en samebindende rol speel hier, maar dit beteken nie dat Afrikaans en Xhosa, die beleid se ander twee gekose amptelike tale, ten alle koste weggedwing en verbied moet word nie.

.........

Engels kan dalk ’n leidende en samebindende rol speel hier, maar dit beteken nie dat Afrikaans en Xhosa, die beleid se ander twee gekose amptelike tale, ten alle koste weggedwing en verbied moet word nie.

..........

Die US-bestuur kan dus aan hul eie beleid verantwoordbaar gehou word. Die beleid het egter talle interne swakhede, waarvan nog een die aanname van ’n skynbaar gelyke verhouding tussen Engels en ander amptelike tale is. Deur geen proaktiewe stappe rondom regstellende statusverhoging, spesiale opheffing of beloning vir studies in tale anders as Engels by die Taalbeleid in te sluit nie, sal die dominante en koloniaal-verwante magsposisie van Engelstaligheid byna altyd daartoe lei dat Engels gekies word. Studente het nie werklik ’n vrye taalkeuse onder omstandighede waar globale Engelsheid, ten minste histories, as dié maatstaf van sofistikasie geag word nie.

Hierdie beleid het regstreeks ’n rol gespeel in die glybaan na Engelstalige oorheersing. Hopelik sal die taalbeleidhersieningsproses wat vanjaar afskop, van kundiges oor inheemse taalsosiolinguistiek gebruik maak. Die US-bestuur moet die harde feite oor taal hoor sodat beter, meer proaktiewe beleid vir die afsienbare toekoms geskep kan word.

Lees ook:

Persvrystelling: Verbod van Afrikaans by Stellenbosch-koshuise

Persverklaring: US-taalbeleid word in 2021 hersien

US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

  • 5

Kommentaar

  • Avatar
    Waldemar Gouws

    Mnr. Van Dyk, miskien is u gebruik van die woord "skande" effens emosioneel aan die oordrewe kant. Dalk is hier 'n eerlike kampusbeweging aan die ontwikkel wat sig toevallig saam met die aanwesigheid van die gevaarlike virus manifesteer. Miskien is daar selfs al 'n aanvraag vir uniforms onder die jong fasciste.

    Maar u het nog die reg (wie weet vir hoe lank) om nog u kommer oor die taaltoestand aan ons oor te dra. Ek kan verstaan dat u ongelukkig voel. Ek dink Steve Biko sou ook begrip vir die probleem wat u hierbo bespreek gehad het.

  • Hierdie is niks nuuts op Tygerbergkampus nie. Daar is al in 2020 vir die Eerstejaars gesê dat daar slegs Engels op die hele kampus gepraat mag word. Al is daar slegs 2 Afrikaanse studente in 'n situasie betrokke - hetsy sosiaal of akademies - MOET Engels gepraat word om nie ander uit te sluit of gesluit te laat voel nie. Met die gevolg dat sommige studente byeenkomste of samekomste vermy oor hierdie taalbeleid.

  • Avatar
    Theodore H Kruger

    As oud-Matie laat ek my kop sak. Het ons as Afrikaners so papbroekig geword dat die werk van ons voorvaders so vertrap word? Daar gaan mos nie veel van ons oorbly nie.

  • Conrad Steenkamp
    Conrad Steenkamp

    Louise, as jy enige ondersteuning nodig het, stel ek voor jy tree met Studenteplein in verbinding. Jy kan ook aan die Afrikaanse Taalraad skryf. Ons hoor graag wat met julle gebeur het.

  • Avatar
    Andries van der Walt

    "The English had a long history of separating themselves from others and treating foreigners, such as the Irish, as alien 'others'. By the 17th century their policies and practices in Ireland had led to an image of the Irish as 'savages' who were incapable of being civilized. Proposals to conquer the Irish, take over their lands, and use them as forced labour failed largely because of Irish resistance. It was then that many Englishmen turned to the idea of colonizing the New World. Their attitudes toward the Irish set precedents for how they were to treat the New World Indians and, later, Africans."

    Audrey Smedley
    Professor of Anthropology, Virginia Commonwealth University. Brittanica

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top