Onthou die gevare van ongeërgdheid
2023-08-15"Die diskoers rondom die jongste weergawe van die lied was weer eens uiteenlopend, maar hierdie keer tog anders. Daar is ’n besliste verandering in die weerklank. Meer meningsvormers wat gewoonlik die bovermelde soort oordele gevel het, was aansienlik meer krities teenoor Malema."
Nepotisme? US-bestuur pleeg nóg weerligafleiers
2023-05-18"Is die US-bestuur besig om die speelveld te dokter om die skyn te wek dat die konvokasie irrelevant raak, en sodat die huidige UK se aanhoudende aandrang op bestuursverantwoordbaarheid versag word?"
Human Rights Commission ruling on Afrikaans at Stellenbosch University: Frederik van Dyk’s testimony
2023-03-17"We Afrikaans students know only a reality where English domination is enforced with the smile of inclusivity and the stick of fear and sociocultural shame." Frederik van Dyk now shares his 2021 submission to the Human Rights Commission with LitNet.
Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek
2022-07-25"Die standpunt dat druk om ’n pos weens beskermde dog ongewilde stellings te ontruim geskei kan word van ’n persoon se reg om beskermde stellings te mag uiter, maak nie sin nie, want openbare bedankingsdruk kalwe juis weg aan daardie beskerming."
Onderwystaalwet: BELA is nie kinderspeletjies nie
2022-07-11"Taal is betekenisloos indien die rol daarvan as lens waarmee die wêreld vir ons geskep en tot ons insig kom, oor die hoof gesien word. Taal is onlosmaaklik deel van menswaardigheid, van ons bestaan, en op sterkte van daardie gelykheid tussen taalbelewenisse moet ons verseker dat taal nie afgetakel word nie, al word dit nie prakties gesproke te alle tye gelyk aangewend nie."
RSG: Hoe die openbare debat ontspoor het
2022-05-12"Miskien speel geskiedkundige trauma en interne klasseverskille ’n rol in Afrikaners se neiging om gou-gou in absolute hoekies in te trek, mekaar te etiketteer en op mekaar te skel, eerder as om deur geweegde en deurdringende openbare debat tot gevolgtrekkings te kom."
Boesak-toespraak aan DAK Netwerk: belowend, met enkele probleme
2021-11-16"Die geskiedenis is meer veelkantig as wat Dr Boesak dalk te kenne gee. Wat Afrikaans betref het sy uit hierdie mengelmoes van klassige kreolisering ontstaan, en daarom is nie net Camissa-Afrikaans waardig nie, maar ook die Afrikaans van Afrikaners. Alle Afrikaanssprekers en hul voorouers is mede-eienaars van en mede-verantwoordelikes vir die Afrikaanse sambreeltaal, hoe dit ook al mag kreoliseer en verander in ons gedeelde toekoms."
Die knieval: Van versetsimbool tot opvoerigheid?
2021-11-04"Daarom is die berugte foto van Protea-spelers in wisselende liggaamshoudings tydens die Teenrassisme-Gedenkoomblik tydens die T20-Wêreldbekerkriekettoernooi geensins skandalig nie. Die foto beeld in werklikheid die kosbare balans tussen gedeelde basiese gewaarwordinge enersyds en uiteenlopende bolangse politieke denkpatrone andersyds treffend uit."
Die ANC-regering se totempaal-nasionalisme
2021-10-21"Onder media- en openbare meningsvormers was daar die skynbare konsensus dat kritiek op SEB- (Swart Ekonomiese Bemagtiging-) wette en dies meer ten minste grens aan reaksionêre rassisme, apartheidsnostalgie, wit meerderwaardigheidsin of iets dergeliks ... Niemand mog openlik mor daaroor nie ..."
Die US se tweede konseptaalbeleid van 2021: Maskerspele, of groeiende paleisrevolusie?
2021-08-04"Een van twee verklarings is hiervoor moontlik. Die eerste is dat die US-bestuur uit radeloosheid ’n konsepbeleid vol smaaklike woorde vir die siedende breë Afrikaanse koalisie gegooi het. Die tweede, dwingende verklaring is dat daar opponerende kragte in die US-bestuur bestaan en dat die teenstrydighede tussen die aanhef en die operasionele bepalings hieraan toegeskryf kan word."
Die Zuma-Cele-pokerspel en leemtes in die prosesreg
2021-07-13"Aangesien Vrydag se uitspraak eers ná Woensdag se afsnypunt vir die tronkbevel sou kom, het Zuma en Mpofu hul kaarte geweldig strategies gespeel: Die reeds weifelende Cele is geroep om sy hand te wys, en hy het byna heeltemal onder die Zuma-Mpofu-bluf verkrummel en gevou."
Afrikaans uitheems? Nzimande se bedrieglike woordspeletjies
2021-06-24"Nzimande se taktiek om inheems as begrip te verruim, laat dié heromskrewe begrip onder sy eie teenstrydighede en absurditeite inmekaar stort. Die gevaar bly wel dat Nzimande se opponente nie sal insien dat sy verruiming van die begrip ongeregverdig en onhoudbaar is nie."
US-bestuur, hou tog op grawe
2021-05-24"Ek het ’n paar medetaalstryders Sondagoggend al gevra wat hulle dink die naam van die terugvegkommissariaat sal wees. Iemand stel so ewe Oos-Duitslands voor dat dit Stasi moet heet (vir Stellenbosse Teen-Afrikaansstryders-Inkwisisie), of dalk BSB (Bruinagentskaploosheidsbrigade). Ek hou nogal van Gestapo (Gemeente vir Engelstaligheid teen Afrikaanse Protesorganisasies)."
William Sezoe gesels met Open Stellenbosch en StudentePlein
2021-05-06"Open Stellenbosch is nie anti-Afrikaans nie, ons is antidiskriminasie." US-student William Sezoe praat met Open Stellenbosch se Ashwin Afrikanus Thyssen en Frederik van Dyk van StudentePlein.
“Dala Afrikaans!” – die geboorte van ’n nuwe taalbeweging
2021-04-20"Die strate van Stellenbosch het op 9 April 2021 met ʼn groep heldhaftige en besorgde voorstanders van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch te kampe gehad. Wat is hier gebore, wat het hier ontstaan? Die beweging wat hier groei, verstaan goed dat die sprekers van Afrikaans moet aandring op insluiting by staatshulpbronne soos openbare universiteite."