Frederik Rudolph van Dyk

Frederik van Dyk is ’n LLM-kandidaat aan die Universiteit Stellenbosch.

SU language debate 2021: A riposte: Vader Jansen, slaap jy nóg?

Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-12

"Jansen then tries to back up his first point by arguing that such grievous events are impossible, because they are not in line with university policy. This is as disingenuous as it is logically fallacious."

US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid

Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-10

"Die hewige belangrikheid van persoonlike outonomie en vryheid om jou taalkeuses uit te oefen beteken dat afdwinging van Engels neerkom op ’n growwe skending van basiese menseregte. Die letter en gees van die Handves van Menseregte is in totale teenstryd met die gedrag van Maties-koshuisleiers teenoor hierdie studente."

LitNet Akademies-onderhoud: Frederik van Dyk oor grond, grondhervorming en grondonteiening

Naomi Meyer, Frederik Rudolph van Dyk Onderhoude 2021-03-08

"Die ware vraag is wat die staat ná onteiening met grond doen."

ANC delenda est: Partydogma is onbestaanbaar met die Grondwet

Frederik Rudolph van Dyk Seminare en essays 2021-02-15

"Die ANC sal heeltemal moet ontbind en veroordeel moet word vir die onwettige misdaadkartel wat dit werklik is ... Vir die nasie om te leef, sal die ANC moet sterf."

The lie of 1652: Retories regstellend, feitelik bedenklik?

Frederik Rudolph van Dyk Resensies 2021-02-08

"Want deur daardie petit histoires, oftewel 'klein geskiedenisse', ’n regverdige kans tydens hoofstroomgeskiedskrywing te gee, verryk ons die waarheidsoeke en bevestig ons getrouheid aan die volle menslike storie. Maar om onder andere hawens te verbeel waar hulle nie bestaan het nie, sal enige skeepsvaarder van die geskiedenis eenvoudig op die rotse lei."

LitNet Akademies Weerdink: COVID-19 en vis maior, kontrakbreuk en repudiëring

Naomi Meyer, Frederik Rudolph van Dyk Onderhoude 2021-01-26

"Getoets hieraan kan die koronaviruspandemie wel neerkom op vis maior, afhangende daarvan of die pandemie jou kontraksplig objektief onmoontlik maak en of die redelike mens ook nie die onmoontlikheid sou kon vermy nie."

US Konvokasie 2020: Ons kan nie oor taalsake saamwerk sonder basiese vertroue nie

Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-01-08

"Uit die staanspoor moet ons aanvaar dat daar om geldige geskiedkundige redes wantroue jeens Afrikaans se wit voorstanders bestaan ... Wat Afrikaanse leiers nou te doen staan, is om geskiedkundige pyn enersyds te verstaan, maar andersyds te besef dat ons mekaar se heel basiese doelwit – om Afrikaans ’n proaktiewe plek in hoër onderrig en leer te gee – moet vertrou."

Ons instellings is kragtig: Vier voorbeelde en ’n waarskuwing

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-11-27

"In hierdie opsig het die ANC daarin geslaag om talle inklusiewe politieke instellings in die Grondwet te omseil en af te takel. Só leef die oligargiese gees wat eeue reeds in talle vorme in suidelike Afrika heers, eenvoudig voort."

’n Besinning oor nierassigheid, identiteit en die DA

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-11-13

"Die DA sal dwaas wees om die sosiale element van maatskaplik-ekonomiese opheffing ook met ’n maatstaf van kleur-irrelevansie te hanteer. Vir duisende Suid-Afrikaners lê ’n groot deel van hul menswaardigheid in die regstelling van ’n verlede wat hul menswees op grond van hul etniese herkoms afgetakel het."

Winds of change: Decolonialising language theory at the 2020 ILAF webinar on language and the criminal justice system

Frederik Rudolph van Dyk Opinion 2020-10-30

"What differed here from previous talks about multilingualism was the insistence on a fresh reframing of the South African language situation, as well as the acknowledgement that language isn’t merely a matter of heritage, but is indeed an integral part of the greater infrastructure of the democratic state."

’n Energieke nuwe bries: Dekolonialiserende taalteorie op die 2020-ILAF-webinaar oor taal en die strafregstelsel

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-10-08

"Wat hier van vorige meertaligheidsgesprekke verskil, is die aandrang op ’n vars beraming van Suid-Afrika se taalsituasie, asook die erkenning dat taal nie bloot erfenis is nie, maar ’n integrale deel van die groter infrastruktuur van die demokratiese staat."

Nóg Engelse taalhegemonie: Die georganiseerde regsberoep trap in ’n ou etiese sponsdoring

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-08-21

"Meertaligheid in hierdie verband is daarvan afhanklik dat dit vir die LPC prakties en gerieflik (practicable and convenient) is. Dit is weer so goed as om te redeneer dat sistemiese regstelling van onreg sal plaasvind vir sover dit vir die onderdrukker gerieflik en prakties is."

Die klein jakkalsies wat die wingerd vreet: Hoe Engelse taalhegemonie stil-stil insluip

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-08-13

"Dit blyk dat Engelse onderskrifte soos ’n koloniale grenslyn op Afrikaanse films ingebrand word; soos ’n tatoe van onderdanigheid. ’n Vlaggie van meerderwaardigheid wat wapper oor die 'onverstaanbare' brabbeltaal van die Afrikaanssprekende koloniale onderdane."

Boekebesinning: Danie du Toit se intrekpoësie ná ’n boek oor die faalstaat

Frederik Rudolph van Dyk Lesersindrukke 2020-08-03

"Is daar fout daarmee om die tjokke-tjokke-tjok en warm straling van die tuimeldroër te gaan uitsoek? Het ons dit dalk lank nie gedoen nie, en onsself so bemoei met Groot Onderwerpe dat ons die nuanses van klein leef vergeet het?"

Van Vuuren se kruipverskoning ondermyn die rol van samehang in openbare morele diskoers

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2020-07-02

"As Rob van Vuuren sensitief was vir die samehang van simboliek in die kunste, sou hy dalk besef het dat sy mea culpa-oomblik verabsoluterende gevolge het vir die diskoers oor sistemiese diskriminasie in ons alledaagse kultuur."

Top