Agbare ideologiekritiek teenoor veragtelike performativity
2020-06-24"Die aanlyn massas is blykbaar onder die indruk dat die blote uitroep van ’n ideologiekritiese begrip die oordeel finaal vel, so asof die verbaliteit daarvan ’n magiese spreuk is wat die realiteit afskaaf om binne die spreker se vooropgestelde gevolgtrekking te pas. Dit roep as’t ware die beeld op van karakters uit die Harry Potter-reeks, wat met ingewikkelde towerwoorde hul omgewing kan manipuleer."
2015 teenoor 2020: ’n Vriendeliker ideologiekritiek?
2020-06-04"Vir talle van ons wat in 2015 en 2016 op kampus was, roep die wêreldwye verontwaardiging en woede oor die polisiemoord op George Floyd in die VSA heftige herinneringe op. Een van die tekenendste ooreenkomste tussen nou en toe is die fundamentele kritiek wat die opstande in die VSA bied."
Hey, BBC Future! England made the South African bed, but now refuses to sleep in it?
2020-05-26"How your writer then gets to the conclusion, as voiced in the title – that the [Afrikaans] language may be under threat of extinction – is wholly unclear. If the language is under threat, then so are all other South African languages."
Die kultuur van selfvernietigende dwarstrekkery in die VSA
2020-05-13"In die Amerikaanse geval kom daar egter ’n gevaarlike dwarstrekkerstreep voor wat totaal kontak met die werklikheid verloor het, wat wetenskaplike feitelikheid arbitrêr verwerp en ’n ongebreidelde, onredelike sin vir individuele belange en onafhanklikheid het. Net soos ’n ongure tiener wat teëpraat net om te stry, so protesteer halsstarrige Amerikaners wat meestal baie goed weet dat die feite nie in hul saak se guns is nie."
Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!
2020-05-04"Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling."
Die Son Struikel, Aurelius en aanlyn-oordaad
2020-04-28"Wat het ’n 90-jarige Afrikaanse skrywer, ’n Romeinse keiser van 2 000 jaar gelede, ’n ontnugterde ou Rus en ’n joviale Franse filosoof uit die 1950’s met mekaar en met die Inligtingsera te doen? Wel, ek het myself dikwels die vraag gevra wanneer ek hierdie vier denkers – onderskeidelik Dolf van Niekerk, Marcus Aurelius, Fjodor Dostojewski en Albert Camus – se sobere skryfwerk oor die menslike toestand binne ons holderstebolder, histeriese aanlynkultuur probeer plaas."
Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson
2020-04-14"Geniet hierdie boek, maar hou ’n Fisherman's Friend byderhand vir die onafwendbare naarheid wat jou gaan oorval."
Taalbestuur in Suid-Afrika: ’n oorgangspolitieke dinosourus
2020-03-17"Wat veeltaligheidsbestuur in Suid-Afrika betref, het die oorgangspolitieke skikking geen bolwerk teen Engelstalige oorheersing op alle vlakke van die samelewing gebied nie ... Taalaktiviste sal veel groter protesstappe moet doen om aan te dring op meer as net ’n afgewaterde estetiese veeltaligheid."
Jonathan Jansen is korrek: Hy verstaan nie die "bohaai oor Afrikaans" nie
2020-02-26"Daar is al ’n lang pad gekom met Afrikaans, en daar gaan nog harde bene gekou en ver gestap word. Jansen se onvermoë om ’n genuanseerde prentjie van die Afrikaanse gemeenskap te aanvaar is kortsigtig en bevooroordeeld, want hy versuim herhaaldelik en nougeset om sy posisie oor Afrikaanstaligheid in die lig van die feite te hersien."
La politique Boer: Die sirkels van Afrikaner-introspeksie
2020-02-11"Die hedendaagse 'Boerepolitiek' het dalk groter variasie, maar dit draai hoofsaaklik om die spil van introspeksie en eiebelang, eerder as ’n uitwaartse fokus op hoe ons met ander Suid-Afrikaners op grondvlak kan saamwerk en saam bou."
Into the mind of the defeated: Motivations behind the language struggle at Stellenbosch University
2020-02-11"If you are white and Afrikaans, feelings of shame and defeat will never help build a new, dynamic and nonracial future for the Afrikaans language."
Die mentaliteit van die verslaandes
2020-01-28"Jy sien kultuurskaamte in hoe baie Afrikaanse jongmense ineen trek en sê 'Ek’s nie eintlik ’n fan van Afrikaanse musiek nie' wanneer die radio ’n Afrikaanse poptreffer of ’n sessie deur ’n Boereorkes speel."
Review: The Stellenbosch Mafia: Inside the Billionaires’ Club by Pieter Fourie
2020-01-28"Stellenbosch Mafia is a pleasant piece of research supplying a good dose of quick facts and insight into the world of South Africa’s richest Afrikaners."
Resensie: The Stellenbosch Mafia – Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit
2020-01-21"Ten slotte is Stellenbosch Mafia 'n lekker stukkie navorsing wat blitskennis en insig gee oor Suid-Afrika se rykste Afrikaners. Du Toit kan op die skouer geklop word dat hy probeer het om netelige Boeremafia-aantygings in hierdie era van dezinformatsiya uit te klaar. Het hy geslaag?"
