Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi belangstellendes uit om kommentaar te lewer op die eerste konsep van ’n hersiene Taalbeleid. Die US se Taalbeleid (2016) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word. Artikel 10 van die Taalbeleid (2016) bepaal die beleid “verval vyf jaar ná die implementeringsdatum daarvan” en dit moet “gedurende sy vyfde geldigheidsjaar hersien word”. Die huidige beleid het in 2017 in werking getree.
Die eerste geleentheid vir openbare deelname begin op 20 Maart en sluit op 12 April 2021. ’n Tweede geleentheid vir openbare deelname word vir later vanjaar beplan. Kommentaar op die eerste konsep van die hersiene beleid kan slegs ingedien word via ’n digitale platform wat op die US se taalwebblad (www.sun.ac.za/taal) beskikbaar is,. ’n Skakel op die taalwebblad (www.sun.ac.za/taal) verleen toegang tot dié platform. Die eerste konsep van die hersiene beleid en ’n skakel na die indieningsplatform sal vanaf 20 Maart toeganklik wees. Let asseblief daarop dat geen kommentaar op die eerste konsep ná die sluitingsdatum van 12 April 2021 moontlik sal wees nie.
Volgens die Statuut van die US moet die US-raad die taalbeleid van die instelling bepaal met die instemming van die Senaat en in gevolge artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys, 1997 (Wet 101 van 1997, soos gewysig). Die hersieningsproses is in Oktober 2020 geïnisieer deur ’n taakspan saam te roep en deur ’n tydsraamwerk gegrond op die Universiteitsalmanak vir 2021 op te stel. Die doelwit is om op 2 Desember vanjaar ’n finale konsep van die Taalbeleid (2021) aan die Universiteitsraad voor te lê vir goedkeuring.
Aangesien die Konstitusionele Hof in 2019 bevind het dat die Taalbeleid (2016) grondwetlik geregverdig is en dat die Universiteit se proses om die beleid te aanvaar “deeglik, uitvoerig, inklusief en behoorlik beraadslagend was”, is die huidige beleid as vertrekpunt vir die hersieningsproses gebruik. Die hersiening sal verder gelei word deur onder meer die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 wat aanvaar en geïmplementeer is nadat die Taalbeleid (2016) goedgekeur is, asook die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings wat in gevolge artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys 1997 (Wet 101 van 1997, soos gewysig) bepaal is.
Lees ook:
US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies
US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid
SU language debate 2021: Inside the anxious world of the taalstryders
US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?
US-taaldebat 2021: Is die Universiteit Stellenbosch besig om Afrikaanse studente te ont-taal?
SU language debate 2021: A riposte: Vader Jansen, slaap jy nóg?
Kommentaar
US het die Wes Kaap en omringende gebiede in die steek gelaat deur die moedertaal van die meerderheid te verdruk. Wim de Villiers behoort te bedank omdat hy hierdie Wes Kaapse bate met minagting behandel. US was altyd Afrikaans en het as sodanig wêreldberoemde bydraes gemaak. Waarom moet dit nou anders wees? Verwerp die verengelsing wat 'n vorm van verdrukking van die meerderheid in die provinsie is. Die probleme begin lankal opduik en gaan net erger word. Ons benodig nie nog DKD gevalle nie. Neem die les wat daaruit deur die howe bevestig is.
Waar kry ek 'n kopie van die konseptaalbeleid?