Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

“Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer.”