Kommentaar

Ek onthou jou goed, Helen

Elizabeth Pulles 2022-12-25 Lieflike erkenning aan 'n besondere verhouding en mens, onmiddelik uit jou skrywe.

’n Dekoloniale toekoms? Musiek, ras en taal aan die Universiteit Stellenbosch

Barrie Barnard 2022-12-25 Die taalgebruik is so hoogdrawend en akademies dat dit nie 'n noemenswaardige gehoor bereik nie.

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2022-12-25 Beste FC, Moet nou nie vergeet om vanaand as jy voor jou bedjie kniel, om die Here te dank dat jou sienswyse nie so verwronge is as myne nie. Laat my dink aan 'n vorige vriend van my, FC Boot. Hy het ook so baie van homself gedink. Geseënde Kersfees

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan 2022-12-25 Die oorgang van 'n of/of na 'n en/en denkwyse is een van die moeilikste uitdagings in 'n samelewing wat al meer kompleks word. Binêre denke is 'n kragtige instrument - ons hele digitale “werklikheid” berus op die enkelvoudige onderskeid tussen 0 en 1

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan 2022-12-25 Jan is reg dat 'n inklusiewe samelewing nie geforseer kan word nie, maar dis nie iets “onnatuurliks” soos hy beweer nie. Dit gebeur alreeds spontaan elke dag in Suid-Afrika - ongelukkig nog nie genoeg nie en daarom moet dit verder aangemoedig word. Ku

Spade Reën Sending (Blourokke)

Lucas 2022-12-24 I would like to quote Hannes de Beer again."Die Sektekommissaris beskryf geestelike mishandeling as trauma wat deur mense opgedoen is deur Spade Reën-profesieë. Daar is berigte in sekere Duitse webwerwe van “Gruwel”-profesieë met 'n verwoestende ui

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan 2022-12-24 Sjoe Hans - hier moet iewers 'n misverstand wees! Nêrens in die artikel gaan dit oor soen of versoening nie - tensy jy Eben Etzebeth se klapsoen op Trevor Nyakane se voorkop in gedagte het, of na die Waarheid- en Versoeningskommissie verwys wat terloops

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan 2022-12-24 Tutu en Mbeki se formulerings is goeie voorbeelde van toekomsgerigte visies van waarna Suid-Afrika behoort te mik. Helaas is formuleringe en metafore van hierdie aard ook tyd- en konteksgebonde en kan hulle hul trefkrag of liewer beweegkrag mettertyd verl

Kom ons praat oor evolusie

F C 2022-12-24 Beste Angus Natuurlik verdraai jy dit. Jesus se woorde aan sy dissipels is gerig op 'n spesifieke groep, nl 6, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom." Daar gaan d

As dinge verstop raak: ’n Kersstorie

Daleen Mulder 2022-12-24 Lekker gelees. Dankie vir jou storie!

My gebeurtenis van die jaar 2022: Inskrywings 1

Snotjan 2022-12-24 Die ou liberalis Vannemerwe skryf oor "Connie Mulder" terwyl hy eintlik bedoel "Corné" Mulder. Connie Mulder was natuurlik Corné Mulder se vader, wat ook politikus was in die vorige millenium. Verskoon tog maar vir Vannemerwe, die klomp liberale is n

Die rol van die Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrika

Hendrik Vogel 2022-12-24 Klink of hulle by die Weste geleer het.

Kaalvoet deur die Waterberg

Marleen de Wet 2022-12-23 Hierdie stuk het my hartsnare ook geroer. Bekend met verskeie van dit waaroor geskryf is. Wonderlik dat daar nog mense is wat die klein dingetjies van die lewe onthou en waardeer!

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2022-12-23 FC, jy spartel. Ek noem net 'n Bybelvers, en vir jou is dit 'n verdraaiing. Ek wens almal vrede toe hierdie Kerstyd, en dit is vir jou 'n verdraaiing. En dan "bewys" jy die verdraaiing nogal met Bybelversies wat niks met die saak te make het nie. Power, m

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2022-12-23 Hans, die Bybel is goeie letterkunde met al sy mites, legendes, kortverhale, poësie, ens. Ek het so pas ook 'n goeie storie van Baron von Münchhausen gelees. Wat maak dit my? Maak nie saak wat ek lees nie, soos Bart Nel gesê het: Ek is nog hy.

Ek onthou jou goed, Helen

Elthea 2022-12-23 Ja, bekfuitjie klink nogal seer, maar darem nie soos harp- en sitertone nie. x

Sy naam was Bennie

Rina Cascione 2022-12-23 So pragtig geskryf! Ek is saam met jou hartseer oor Bennie. Dié wat 'n troeteldier liefgehad het, sal weet.

In die fragmentarium 1

Anne-Marie Mischke 2022-12-23 Nog, nog, nog, asseblief.

Kom ons praat oor evolusie

Hans Richardt 2022-12-23 Angus, jy het sopas bybel gelees, jy is dus net twyfelaar. Geseënde feestyd.

Die geboorte van Jesus Christus

Hans Richardt 2022-12-23 Past Dries van Tonder, daar is diskrepansies oor die geboorte van Jesus in evangelies. Bv Jesus was nie Josef se biologiese kind nie, maar Josef se geslagsregister word vir Jesus gebruik. Dan ook die Tien Gebooie: jy mag nie egbreek nie, maar Heilige Gees

Die geboorte van Jesus Christus

Hans Richardt 2022-12-23 Past Dries van Tonder, die kerkhervormers was nooit eenstemmig oor viering van "Kersfees" as geboorte van Jesus Christus nie. Hanukah is die viering van Joodse fees van ligte, na die Makabees die tempel bevry het van Griekse-Siriese magte en daar nie geno

Ruilduiwel, babers en die burgemeester se bodem

Hans Richardt 2022-12-23 "Môre dames" in koerante ... Snoek en wurgpatat was seker voorop in die mens, wat bladuitleg gedoen het, se gedagtes.

Die ANC se 55ste nasionale konferensie: Kan die agteruitgang van die bevrydingsparty gestuit word?

Bert Sorgdrager 2022-12-23 Baie goeie artikel. Som onlangse gebeure mooi op en verduidelik wat dit alles beteken. Dan ook 'n netjiese toekomsblik.

Ek onthou jou goed, Helen

Deborah Steinmair 2022-12-23 Bekfluitjie, bedoel ek.

The terminal list deur Jack Carr, ’n lesersindruk

stefaans coetzee 2022-12-22 Barend, probeer Andrew Vachss se Burke-reeks.

Die geboorte van Jesus Christus

Past Dries van Tonder 2022-12-22 Baie interesante feite wat hier geplaas is oor die geboorte van Jesus.

Kom ons praat oor evolusie

F C 2022-12-22 Nog 'n lekker verdraaiing van Angus, want hy vergeet gerieflikheidshalwe dat Jesus se opdrag aan sy dissipels is: "5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van

Ek onthou jou goed, Helen

Cobus Bester 2022-12-22 Dankie, Deborah. Sal die boek beslis moet lees na jou treffende beskrywing. 'n Mens voel eintlik hartseer dat jy haar nie self kon ken nie.

Die konstabel se skiereiland

Gene 2022-12-22 Kan nie kop of gat uitmaak van die besigheid nie. Hou maar aan probeer.

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Joan Hambidge 2022-12-21 'n Besonder insigryke artikel wat my gehelp het om iets van hierdie oorgang te begryp dat mens as burger agentskap het en iets kan doen om te help verander. Tussen Jüngel en Mamdani; nie of /of nie. Maar en /en. 'n Wyse man wat praat hier.

Ek onthou jou goed, Helen

Deborah Steinmair 2022-12-21 Ja, die monumentale kwilt. En jy, Elthea. En Jerry Pat Allen se droewige bekfuitjie in die donker trapskag.

42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles

Charl Adams 2022-12-21 Uitstekende resensie. Die boek klink soos 'n verfrissende briesie wat dogma en doktriene vermy en net omgaan met wetenskaplik-gefundeerde feite. Dis vanjaar my krismisboks aan myself.

Nederlands spreken met een app

Herman Meulemans 2022-12-21 Schitterend die aandacht die LitNet sedert de eerste KI-gedichten in het Afrikaans besteedt aan ChatGPT en OpenAI. De hele reeks bijdragen en in het bijzonder bovenstaande bijdrage van Izak en Natasja over de mogelijkheden van het taalmodel in het Nede

ASEM: ’n onderhoud met Elias P Nel

Henry Matthys (ds) 2022-12-21 Elke nuwe inisiatief vir die bevordering van inklusiewe Afrikaans noet bevorder word. Asem dra my stem. Verskillende pogings om veral Inheemse Afrikaanse Skrywers se werk te druk en versprei het reeds sukses behaal. Ons moet vertroue by jong skrywers kwee

ASEM: ’n onderhoud met Elias P Nel

victor fredericks 2022-12-21 Ek's dankbaar vir die stigting van ASEM; dit skep 'n platform vir skrywers soos ons wat vanuit die hart skryf, ons mense se stories.

ASEM: ’n onderhoud met Elias P Nel

victor fredericks 2022-12-21 Ek's dankbaar vir die organisaie se stigting om weer lewe te gee aan skrywers wat skryf uit die hart, maar wie se werk ook goed genoeg is vir die boekemark.

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2022-12-21 Het so pas Matteus 10:34-39 weer gelees. Daarom wens ek almal maar liewer 'n ateïs se vrede toe vir hierdie Kerstyd.

Ek onthou jou goed, Helen

Elthea 2022-12-21 Ah i remember you well too .. die skitterede bastion van Aleithia, so bes verwoord, DeVoraH. Ek onthou ook die groot en wonderlike Amerikaanse kwilt teen haar muur! xxx

Ludik – indrukke van die eerste 35 minute

Reney Warrington 2022-12-21 Kyk Donkerbos op Showmax. Fenomenaal. Ek moet nog daaroor skryf.
Top