Gerhard David Fortuin2022-12-11Ek wonder hoe het die Groepsgebiedewet die bruin gemeenskap in Beaufort-Wes en distrikte geraak, want ek weet my grootouers het in die dorpsgebied gewoon, die Balie-geslag en Fortuin-geslag.
Dorothy Basson2022-12-11Goeiedag! Waar kan ons die boek van Louisa Holst - The South African Air Fryer Cookbook - bestel.
Asseblief laat weet my!
Baie dankie.
Angus2022-12-10Hans, ek wil jou tog antwoord op wat jy van Darwin se teorie te sê het. Miskien moet jy sy boek, On The Origin of Species weer onderhande neem. Daarin word oa sy bevindinge op die Galapagos-eilande bespreek. Elke eiland het sy eie besondere lewensomstand
Raed-na-Gael2022-12-10Hans,
Oukei, ek verstaan.
Ek't 'n ribbokboud in 'flashfreezer' ( -18° ), vir kersfees se potjie. Maar braai eers uie en knoffel saam tot bruin, sit dit by in potjie en gooi toe met suiwer droë rooiwyn (niks ander vloeistof nie) en prut tot gaar. Top kor
Mansell Upham2022-12-09As pointed out - already two years ago - in the article: "The TWO faces of Krotoa" at the following link https://mansellupham.wordpress.com/2020/09/28/the-two-faces-of-krotoa/
Hans Richardt2022-12-09Raed-na-gael, jou vroeër vraag wie besluit oor verblyfreg. Eeerstens, lede van die gemeenskap doen aansoek om op keuringspanele van Orania dorpsraad te sit, vir verblyfreg. Nee, ek is nie betrokke nie.
Die proses kan aanlyn ook gedoen word deesdae en afh
Hans Richardt2022-12-09'n Oekraïense burger wat navorser was by Universiteit in Karkiv, Oekraïene, Ilya Ivanovich Ivanov, wou sjimpansee en mense kruis. Dit was in sy ewolusie navorsing oor moontlikheid dat mense uit ape afstam en die Bonobo is geneties na bewering agt-en-neg
Hans Richardt2022-12-09Snotjan, byname is reeds verdag, dit daar gelaat.
Geloof is persoonlike saak, wat deur mense in kollektief met rituele beoefen word.
Wat die ewolusie betref, hou ons in tradisionele kerke, dit stigtelik volgens 'n roetine. Daardie deel, is ook ewolusie, v
Hans Richardt2022-12-09Angus nee, lewensmaat se suster het geskiet. Twee skote deur nek. So, baie vleis het vir windhond gegaan, want dit was bloederige spul.
Nee wat, ek sal die vleisie geniet vir kersfees. Dis net baie werk, moet gestop word, gemarineer word, gekook word en
Jeanette de Klerk-Luttig2022-12-09Uitstekende resensie van 'n baie besondere boek wat die geskiedenis in al sy kompleksiteit laat leef deur die verhaal van Maria, die Franse Hugenoot.
Dolf Wieèrs, Em. Prof UHasselt en argitek op aktiewe rus2022-12-09Ek is nie 'n Suid Afrikaner of Afrikaner nie, maar kom van Vlaandere af. My eerste bezoek aan SA dateer van 1993 en elke jaar kom ek terug na my tweede tuiste. Dis omwille van die mense en hulle gasvryheid, omwille van die kreatiewe taal wat so poëties k
Raed-na-Gael2022-12-09Aangesien Angus 'n kersfees boodskap uitdeel, wil ek ook.
"Die regverdiges se bestemming is die paradys, die ewige lewe en baie belangrik - om in die eerste plek by Jesus Christus te wees. Die ongelowiges is bestem vir Gehenna. Geen langlys van goeie dad
Theresa2022-12-09Mý wortels lê nou weer in Stellenbosch – grootgemaak met "kies Afrikaans of Engels, maar praat dit dan 'suiwer'".
Ek is met ’n Graaff-Reinetter getroud en vind Graaffrikaans só amusant!
Dis sommer ’n lékker manier van gesels, waar boer of
Chris Kunneke2022-12-09Ek is 61 jaar oud en afgetree, en wil graag betrokke raak om straatkinders te help. As daar enige manier is hoe ek kan help is ek bereid om my dienste aan te bied.
Angus2022-12-09Hans, jou gelukkige bliksem. Het jy hom self geskiet of self gekoop? Vergeet maar daarvan dat daardie boud baie duisende jare al op land loop, nadat die eerste vis sy vinne vir bene gebruik het. Kersfees is nie Kersfees sonder daardie Cabernet Sauvignon w
Elizabeth2022-12-08Die kerk loop leeg: van mense of van die Skepper God? Die gebou en sy mense is rondom tradisie en dorpe. Maar is God daar? Is dit 'n Gemeenskap van Heiliges? Dit is tog net God wat kan Heilig. Niemand kan herdefinieer wat God gedefinieer het nie. As God
Annora Eksteen2022-12-08Liefste Franse na-aper,
En toe wou ou Napoleon Egipte toe foeter. Ek wonder wat jy sou skryf as iemand julle daar aan die Nyl 'n huis aangebied het. In 'n huis geplant het. Hm?
Maar regtig. Bomme gooi op mense se huise? Ag nee, Korsikane. (EN Egipte
Hans Richardt2022-12-08Angus, ek eet duikerboud vir Kersfees. Wonder of ek dit gaan geniet.
My bydrae oor Kersfees is soos Jethro Tull gesing het in "A Christmas Song": die gees van Kersfees is nie wat jy in 'n bottel kry nie.
Angus2022-12-07FC, ek stel dit weer aan jou: die Romeine het die vroeë Christene daarvan beskuldig dat hulle ateïste en kannibale is. Daarom is hulle vervolg. Jy kan nou maar stry en my onkundig noem, maar dis historiese feite. Die Christene wou nie die Romeinse gode
F C2022-12-07Nog 'n stukkie onkunde deur Angus: "Hulle is ook van kannibalisme beskuldig omdat hulle mensbloed gedrink het."
Hierdie onwaarheid het natuurlik sy onstaan gekry uit die woorde van Jesus.tydens die laaste maaltyd met sy dissipels.
"MATTHÉÜS 26:26-35 AFR
Angus2022-12-07Raed-na-Gael, dis waar. Die vroeë Christene is vervolg en gemartel hoofsaaklik omdat hulle ateïste was. Hulle wou nie deelneem aan seremonies ter ere van die Romeinse gode nie. Hulle is ook van kannibalisme beskuldig omdat hulle mensbloed gedrink het.
Snotjan2022-12-06Daar bestaan 'n diskrepansie tussen die kerk se Jesus en die Jesus van die bybel. Die een is 'n messias. Die ander is 'n god. Maar daar is mense wat al die bybelse karakters tot fiksie wil verklaar omdat dit pas by wat hulle wil glo. Wat myself betref, si
Pottie2022-12-06Nee wat, ek dink ’n paar politieke ontleders en kommentators sit die pot heel mis oor Ramaphosa. Hy sal die ANC-leier bly en ’n tweede termyn as president uitdien. Enige weddenskappe?
Nico M Ferreira2022-12-06Ek vind dit vreemd dat die resensie en die video oor die bekendstelling van die roman GEEN kommentaar op hierdie forum opgelewer het nie. Ek verwys spesifiek na die twee WTF-momente wat deur die skrywer self as "wonderwerke" beskryf word. Ekself het maar
Gertina vd Merwe2022-12-06Dis so besonders en mense lees nie ver genoeg nie. Wens al die onbeholpenes wat so graag hierdie mooi taal met die alleraaklikste Engels ontsoer lees jou getuigskrif en doen iets aan hul taalgebruik.
Marié Jacobsz2022-12-05Suid-Afrika bo!
Die grond ruik Afrika – die sonsondergange is onbeskryflik en my taal ... o my taal, so mooi! Van spekskiet tot keurig. So beskrywend mooi!
Raed-na-Gael2022-12-05In antwoord op Angus en Snotjan (wat ’n naam): Het Jesus bestaan?
https://www.gotquestions.org/Afrikaans/Jesus-bestaan-gelewe.html
Dan moet ’n mens ook onthou dat die Romeine Jerusalem met die grond gelykgemaak het in die omgewing van 70nC. Baie