
https://www.viatv.co.za/
Hier is hulle. Die deelnemers wat die vetrolle gaan wys wie is baas in VIA se splinternuwe reeks, Die groot afskud. Met die hulp van ’n span afrigters gaan hulle dié reusetaak aanpak soos nog nooit tevore. En ja, elkeen van hulle is slaggereed!
Ses deelnemers wat hul lewens handomkeer wil verander, word in twee spanne van drie elk verdeel. Met die hulp van ’n fiksheidsafrigter, sielkundige en dieetkundige (die afskud-afrigters) begin hul reis om die ekstra kilo’s te takel met alle mag en mening.
“Die groot afskud gaan oor baie meer as net gewigsverlies,” verduidelik die vervaardiger, Nicole Bailey. “Dit ontleed menslike stories van dinge wat ons terughou: traumas uit die verlede en negatiewe oorlewingstegnieke, en hoe om ons perspektiewe te herstruktureer om ’n lewe te skep wat ons liefhet.”
Dis ’n emosionele reis wat vir die deelnemers voorlê. Die program word met ’n 360-aanslag aangepak en daarom is daar besluit op die drie afrigters – die een kan nie sonder die ander nie. “Die deelnemers het elkeen hulle eie stories en redes vir hulle gewig,” vertel Nicole. “Die sielkundige, Dewald, het veral ’n rol gespeel in elkeen se kopskuiwe wat uiteindelik gehelp het met die nuwe aanpassings wat hulle moes maak.”
“As gevolg van die sensitiewe reis waarop die deelnemers moes gaan, en om die groot kopskuiwe te maak om vorentoe te kan beweeg, het emosies hoog geloop en ons moes dit met goedheid hanteer,” sê Nicole.
Deelnemers sal tweeweekliks geweeg en gemonitor word deur die afskud-afrigters by die afskudhuis in Kaapstad. Ander tye volg die kameras die afskud-afrigters soos hulle die deelnemers in hul tuisdorpe besoek.
Die spanne kompeteer vir ’n kontantprys van R300 000, en die span wat aan die einde van die ses maande die meeste kilo’s afgeskud het, wen dié prys. Elke tweede week sal daar ook ’n uitdaging by die afskudhuis wees waar die wenspan ’n aansporingsprys losslaan, soos geskenkbewyse om hulle te help tydens hul reis.


Kommentaar
Goeie dag.
My Naam is Zenobia van Wyk. Ek het dringende hulp nodig met my gewig en sien kans vir 'n uitdaging. Hoe kan ek inskryf vir 'Die groot afskud'?
Ek is 'n 63-jarige vrou, en is 25 kg oorgewig. Ek het ondersteuning dringend nodig, daarom is julle puik program vir my broodnodig!
Ek soek ook hulp, asb. Moet 60 kg afskud.
Hoe skryf ek in, is tans 140kg en moet ten minste 50kg verloor, het al alles probeer, my gesondheid en familie ly daar onder
Hi, ek's 32 en weeg 165; ek kort ook hulp, asb. Ek's van Pta.
Beide ek en my ma moet dringend gewig verloor. Dan is daar skildklier, hoë bloeddruk, cholesterol en suiker. Ons altwee moedeloos, het al soveel produkte verloor. Geen selfbeeld en is 36 en gaan amper nooit uit die huis agv my gewig. Dan is daar angs en depressie en min slaap. Ek en my ma het dit rêrig groot asb nodig. Ek moet 25kg verloor en my ma moet ook 25 tot 30kg verloor.
Ek is 41 en weeg 224kg. Sal baie graag gehelp wil word! Wil teminste 100kg verloor. Help, groot asb!
Ek is 37 en weeg 80 kg, en wil graag 20 kg verloor.
Ek sien uit na die uitdaging.
Ek wil 30kg verloor vir my gesondheid en vir myself. Ek is 60 en is van Brakpan.
Ek is 39, wil 145 verloor. Dit sal wonderlik wees vir my gesondheid.
Goeiedag!
Ek weeg tans 94kg, en wil baie graag 20 kg verloor.
Ek wil begin lewe. My selfbeeld is baie laag en voel nie gemaklik in my eie liggaam nie.. Ek is van Centurion. Groete, Yolandi
Ek is 60 jaar oud en wil graag 20kg verloor en sien kans vir die uitdaging. Ek voel ongesond en ongemaklik. Sal bly wees as julle my kan kies.
Goeie naand
Ek is 61 jaar oud. Gebruik kroniese medikasie vir hoë bloeddruk en cholesterol. Ek moet dringend gewig verloor, maar sukkel op my eie. Ek weeg tans 137 kg. Ek sal graag 90-85kg wil weeg.
My naan is Ryan en ek het dringend hulp nodig met gewigsverlies. Hoe maak jy om in te skryf vir die program?