
https://pixabay.com/vectors/paint-brush-paintbrush-tool-bucket-145018/
Is jy in graad 8 en voel jy eerder lus om jou hele kamer oor te verf as om aandag aan jou skoolwerk te gee? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West sal kan leer uitwerk hoeveel verf jy vir hierdie aktiwiteit benodig. En dan ken jy boonop jou eerste kwartaal se Wiskunde ook nog! Laai die vraestelle hier af.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die optel en aftrek van negatiewe heelgetalle


Kommentaar
Baie dankie vir die gratis vraestelle. Dit word geweldig waardeer
Ek is op soek na graad 6, asb.
Goeiedag! Hier is 'n skakel na die indeks waar al LitNet se vraestelle op een plek bymekaar is. https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle hier is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ja, op soek na vraestelle.
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat vraestelle op LitNet beskikbaar en dit kan help met eksamenvoorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik op die skakels om die vraestelle en memoranda gratis in PDF af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Baie dankie vir die vraestelle. Wil net hoor of jul enige Graad 8 Wiskunde-vraestelle in Engels beskikbaar het.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Ons vraestelle is net in Afrikaans, maar dalk kan dit ook help. LitNet het heelwat gratis hersieningsvraestelle en memoranda wat alles beskikbaar is op hierdie indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai deur die lys om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle en inhoud by. Voorspoed met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder