Hoe het jou 2022 gelyk? Wat staan vir jou uit wanneer jy terugkyk oor die jaar wat verby is? Wat was jou gebeurtenis van die jaar?
LitNet het lesers genooi om ons te laat weet en in aanmerking te kom vir ’n kontantprys van R2 500. Lees hier meer oor die kompetisie. Die kompetisie het op 9 Januarie 2023 gesluit. Lees deel 1 en deel 2 van die inskrywings.
LitNet het die reg voorbehou om nie alle inskrywings te plaas nie.
Die wenner van die kompetisie is Joanita Erasmus-Alt met haar inskrywing "Kontrapunt". Die gebeurtenis van 2022 waaroor die inskrywing handel, is die datum waarop die digter Sheila Cussons 100 jaar oud sou word.



Kommentaar
So skitterend, Joanita. Hoe kan ons woorde sonder musiek!
Dankie, Johan!
Joanita
Ek het geluister ... en gehuil!
Wat 'n wonderlike, meesleurende werk met die wonderskone Ave Maria in die agtergrond.
Baie geluk. Jy verdien hierdie prys oor en oor.
Liefde
Mariana.
Baie dankie vir die mooi kommentaar op my video, Mariana! Ek het groot waardering daarvoor.
Verruklik!
En daar kry jy wéér vlerke en vlieg hoog, vriendin! Jou plan het al weer 'n planeet geword. Bravo!
Baie geluk - en baie dankie, Joanita! Jy het so 'n besondere en fyn aanvoeling vir Sheila Cussons se werk. Jy maak daarvan met jou interpretasie iets besonders. Hierdeur bring jy haar digwerk onder die aandag van 'n nuwe generasie lesers. Ek het net waardering daarvoor.
Beste Amanda
Baie dankie vir al die 'gesprekke' wat ek in 2022 met Sheila kon hê! Dit is alles moontlik gemaak deurdat jy toestemming gegee het vir die herskrywing van haar werk. Dankie ook vir die aanstuur van foto's van Sheila en van haar kunswerke. Bowenal wil ek jou bedank vir jou entoesiastiese ondersteuning in al die Cussons-projekte wat ek aangepak het!
Hoe pragtig. Baie geluk, Joanita.