
Hoe het jou 2022 gelyk? Wat staan vir jou uit wanneer jy terugkyk oor die jaar wat verby is? Wat was jou gebeurtenis van die jaar?
Laat weet ons en kom in aanmerking vir ’n kontantprys van R2 500.
Let wel: Hierdie kompetisie het op 9 Januarie 2023 gesluit. Die inskrywings wat ontvang is, is op hierdie blad beskikbaar.
Die gebeurtenis kan iets wees wat in die wêreld gebeur het, maar ook iets wat in jou eie lewe gebeur het. Dink aan oorloë, uitvindings, sportwedstryde en nuusgebeure, maar ook aan nuwe vriendskappe, verliese, aankope of prestasies.
Jou inskrywing kan in die medium van jou keuse wees: teks (niefiksie of poësie), ’n foto, ’n video- of stemopname (bv ’n monoloog, kletsrym of gesproke woord) of enigiets anders waaraan jy kan dink.
Die oorspronklikheid en gehalte van jou skryfwerk, en ’n oorspronklike, interessante blik en goeie tegniek in oudio- of video-opnames sal die deurslag gee wanneer die wenners bepaal word. Jou video- of klankopname moet jou storie vertel – ons wil nie bloot ’n vyf minuut lange video van jou babahondjies sien nie. Vertel verkieslik jou storie direk op kamera of in die klankopname.
Hoe om in te skryf
Stuur ’n e-pos na gebeurtenis@litnet.co.za en sluit die volgende in:
- Jou naam, van en beroep
- Jou selfoonnommer (ons sal dit nie publiseer of openbaar maak nie)
- Jou inskrywing:
- Teks: maksimum 400 woorde, in ’n Word-dokument aangeheg of in die e-pos self
- Foto: hoë kwaliteit (minstens 600 px breed); moet van ’n byskrif (maksimum 100 woorde) voorsien word
- Video: nie langer as 5 minute nie
- Stemopname: nie langer as 5 minute nie.
Indien ’n lêer te groot is om te e-pos, stuur dit asseblief via WeTransfer of stuur vir ons ’n skakel na Google Drive waar die lêer beskikbaar is.
Kompetisiereëls
- Slegs een inskrywing per persoon, met ander woorde slegs een foto, video, stemopname of teks, en elke persoon mag in slegs een kategorie inskryf.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal aanvaar word.
- Jy moet ouer as 18 wees om in te skryf.
- Geen persoon jonger as 18 mag op ’n foto of video wat ingeskryf word, verskyn nie.
- Inskrywings mag in enige variant van Afrikaans wees.
- Indien jy ’n foto of video inskryf, moet jy die fotograaf/videograaf wees. Jy mag nie namens iemand anders hul foto of video inskryf nie.
- In gevalle waar iemand jou afgeneem of opgeneem het, moet hulle toestemming gee dat jy die betrokke item mag inskryf. Indien jy iemand anders afgeneem of opgeneem het, moet daardie persoon toestemming gee vir die inskrywing (tensy dit ’n openbare figuur is wat iewers opgetree het).
- Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
- Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms (Facebook, Twitter, Instagram, YouTube en Audiomack) gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie. Die skrywer behou die kopiereg op sy/haar werk.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
- Die sluitingsdatum is 9 Januarie 2023.


Kommentaar
Stel in enige iets belang.
Charleze Theron se flater-uitlating oor 44 Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners het kommentaar uitgelok en baie satiriese opmerkings uitgelok.
Verskoon my vraag – ek het 'n Sweedse vriend wat Afrikaans leer en wat wil weet waneer gebruik mens "hê" en waneer "het". Ek kan eenvoudig geen logiese antwoord vind nie.
Het is in die verlede.