Blinde liefde

  • 1

Blinde liefde

Foto: Canva

Ek was jou Adam
Jy my Eva,
maar jy het die tuin verlaat …
Soos ’n tweede wêreldoorlog
met bomme en kanonne
kom ons staan weer saam.
My hart klop vir jou
vinnig
soos die eerste dag van ’n nuwe skoolloopbaan.
Maar nee, jy het die appel geëet,
my hart gesny met ’n mes.
Elke dag gelag, met jou masker aan
jou slang!
Met ’n valse glimlag,
ek was blind, met vals liefde omring.
Nou kan ek sien en met vreugde sing.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top