SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 26/02/09: Die digter Dementor se duister brief

LitNet 2009-02-25 Geagte Digter U het onderstaande neergepen: Je ne se quoi paramour vive le fraternite allez France je'taime por mon ami pardon le petit boudoir terroir soucciance non regrette rien ... uuhhm ... voule vous (aha!) ... eerr ... rouge ....

Bokomo-brekfisbrief; 25/02/09: Meerrschaum en bruyère, vir Swys

LitNet 2009-02-24 Hello, SwysNet éérs ʼn vinnige vragie. Rook jy nóg gereeld pyp? Ekself het mos opgehou rook.Die ontdekking van dié dinge wat die lewe lekker maak, soos byvoorbeeld kaas en wyn, is gewoonlik te danke aan ...

Bokomo-brekfisbrief; 24/02/09: Om 'n stoep te soek op 'n Saterdagaand

LitNet 2009-02-23 Ek hou van gewone mense. Want hulle koester nie hulle afwykings nie. Die wêreld is deesdae so vol kunssinniges, diepsinniges en al die variëteite kranksinniges dat 'n doodgewone ordinêre mens skoon 'n rariteit ...

Bokomo-brekfisbrief; 23/02/09: Krok en Oester: 'n Diep Demokratiese gemeenskap

LitNet 2009-02-20 Ek wou nou al 'n ruk lank iets oor julle idees rakende 'n diep demokratiese gemeenskap skrywe, maar die tyd was ongelukkig beperk. Siende dat politici ons soos gewoonlik diep teleurstel, voel ek al hoe meer gemotiveer om my heil ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/02/09: As 'n blinde wat kan sien by jou kuier

LitNet 2009-02-20 Ek het nog nooit 'n blinde man in die oë gekyk en met hom gesels nie. Ek onthou jare gelede het ek vir Koos voor Wecke & Voigts in Windhoek gewag. Voor die winkelvenster vol kleur en vorms het 'n blinde man sy Bybel ...

Bokomo-brekfisbrief; 21/02/09: Schnauz: my Dunhill-pyp

LitNet 2009-02-20 Hallo Schnauz,Daar in die vroeë 70's het ek spesiale moeite gedoen om vir my die "regte" pyp by die "regte" plek in Londen te koop. As ek reg onthou, was dié twakkenier juis bekend as Dunhill's, ...

Bokomo-brekfisbrief; 20/02/09: Die ou-ou tyding op CD

LitNet 2009-02-19 Die Cantamus Corde-koor het pas ʼn CD met die bekendste ou Halleluja-liedere uitgegee - in lieflike verwerkings deur dr Niel van der Watt, musiekonderwyser by Pretoria Boys' High. Die koorleier is die begaafde Renette Bouwer, ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/02/09: Trappe van vergelyking van die verleidelike Blou Makou

LitNet 2009-02-18 Blou Makou laat my behoorlik swymel. Eens op 'n tyd het Blou Makou só gelyk. Op daardie stadium het PW en Seuns hom mooi in shape gehou.Maar sedert hy kom aansit het by die vleispotte van die Nuwe Suid-Afrika, is ...

Bokomo-brekfisbrief; 18/02/09: Navidad nuestra – In antwoord op 'n Stem se Bokomo-Brekfisbrief

LitNet 2009-02-17 Ek het gisteroggend se Bokomo-Brekfisbrief besonder geniet; veral omdat dit inderdaad oor ʼn aangrypende stuk musiek gehandel het. Dit het my laat terugdink aan die keer toe Amanda Strydom Ariel Ramírez se Misa Criolla sowel ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/02/09: Misa Criolla

LitNet 2009-02-16 Ai, maar ek sit nou so lekker en werk en in die agtergrond sing Mercedes Sosa in haar unieke stem Ariel Ramírez se Misa Criolla. Hoendervleis mooi!! My gedagtes loop draaie en ek onthou ons eie diva, Amanda Strydom, se weergawe ...

Bokomo-brekfisbrief; 16/02/09: Yuri se Ruiters

LitNet 2009-02-13 Ja, Yuri, so wonder ons maar almal oor daardie ruiters van die koeltebome. (Jammer, Melt en ander. Ek weet die stuk is lank, maar ek voel nou beter.) Sien jy nou, Yuri!Ek wil my verbeel dat ek onlangs êrens 'n skrywe onder ...

Bokomo-brekfisbrief; 15/02/09: Die storie van die hoed

LitNet 2009-02-13 Oom Albrecht is vanmôre lelik omgekrap. Dis nou al dae dat sy hoed sommer so tussen neus en ore spoorloos verdwyn het. Hy is nie eens lus om kerk toe te gaan nie. Doelloos ry hy deur die strate, want Bettie, sy wederhelfte, het al ...

Bokomo-brekfisbrief; 14/02/09: Vir Lucas: Newwermaaind water mors, wat van tjaps lees?

LitNet 2009-02-13 Jy noem van die riviere in jou straat nadat ʼn pyp gebars het - en die daelange waterstrome. Toe ons dokumente wou laat waarmerk, gaan ons na ʼn klein voorstedelike polisiestasietjie toe. Die ausi (ouer suster) agter die ...

Bokomo-brekfisbrief; 13/02/09: Lugballonne kan gevaarlik wees!

LitNet 2009-02-12 So ʼn paar jaar gelede was ek gelukkig om in die perfekte posisie te woon om die warmlugballonne gereeld te kon waarneem. Male sonder tal het hulle regoor ons huis gesweef. Amper geruisloos op ʼn windstil oggend, seil een van ...

Bokomo-brekfisbrief; 12/02/09: Die Latyn-klas

LitNet 2009-02-11 Hierdie storie is die reine waarheid. Dit het vroeg in die eerste kwartaal van my st 9-jaar in Diamantveld Hoërskool in Kimberley gebeur. Ter agtergrond die volgende: Ek was nuut in die skool nadat ons Windhoek verlaat het. Ek het nie ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/02/09: Vir Melt en die plek waar hy groot geword het

LitNet 2009-02-10 Ja, liewe Melt, om terug te keer na die plekke van jou jeug is maar ʼn moeilike storie. Sheila Cussons het geskryf: "Het al my paadjies toegegroei?" Inderdaad, die paadjies wat jy as kind deur grasvelde en stofpaaie ...

Bokomo-brekfisbrief; 10/02/09: Die storie van Margaret Collen Maree en John Martin Maree

LitNet 2009-02-09 Mammie se testament was eenvoudig. Sy het gesê dat Dad alles moet kry. Dat ons hom moet help omdat hy maar gaan sukkel sonder haar, omdat sy alles vir hom gedoen het. Sy’t ook gesê dat sy nie begrawe wil word nie omdat ...

Bokomo-brekfisbrief; 09/02/09: Het julle nie luiperdbome om mee te praat nie?

LitNet 2009-02-07 Ek verwonder my telkens aan die fenomenale produksievermoë van sommige SêNetters - hulle uit wie se vingers strome briewe daagliks vloei.Dit kos my 'n goeie paar uur om 'n brief te skryf, want as subredakteur en ...

Bokomo-brekfisbrief; 08/02/09: So los 'n mens die probleem met Wiskunde op

LitNet 2009-02-07 Goeie Wiskunde-metodiekVandag is Abe sommer rêrig omgekrap en met vrese vir die toekoms vervul. Sy klein Abe kan nie twee en twee bymekaar tel en vier kry nie. Wat gaan van die arme kind word as hy die shop eendag moet oorneem? Hy ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/02/09: Om pyp te rook

LitNet 2009-02-06 Wie rook nog pyp? Die tabakwinkeltjie in Menlyn hou nie eers meer pype aan nie. Wesley's in Johannesburg verkoop nog ʼn redelike verskeidenheid pype, maar verder weet ek nie ... In die middel tot laat 1980s was daar ʼn wonderlike ...
Top