Kyk, liewe vriende, ek wil nou nie te veel aangaan oor die gegil van plante en die gehuil van diere nie. Die bottom line is, ons moet eet. My vraag dus ... eet ek 'n wortel wat in stilte gil? Of 'n lekker skaaptjoppie, waarvan ek gelukkig nie die gehuil van gehoor het nie? As 'n plant skreeu en 'n vark weemoedig ween, dan is dit mos fair play. Dan kan ek mos albei eet. Gotta, ek moet tog eet om te lewe. Almal huil. Plant en dier. En soms huil ek ook sommer as ek lus is. Miskien selfs meer as plant en dier.
Herman Lategan


