SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 06/03/09: Vinnige vroue en motors

LitNet 2009-03-05 'n Broer wat grootkop is by een van Suid-Afrika se vooraanstaande motormaatskappye het sy voordele: Soos om te reël dat jy 'n Chevrolet Lumina SS Ute vir 'n toetsrit mag neem by een van sy handelaars. En by toetsrit ...

Bokomo-brekfisbrief; 05/03/09: Mercedes-Benz W116, vir Oester

LitNet 2009-03-04 Oester Ek neem aan jy verwys na die W116-reeks? Ek haal my hoed af dat jy hoegenaamd probeer het om die ding se engine uit te haal, wat nog te sê dit sewe maal doen. Kyk, lieflike motors is hulle beslis en soos dit maar is met ...

Bokomo-brekfisbrief; 04/03/09: Die Duseido Rosenmontag

LitNet 2009-03-03 Rosenmontag lê nou alweer 'n hele week terug, maar ek wil nogtans vertel. Die karnavaloptogte al langs die Ryn af is eintlik 'n Katolieke gebruik, maar baie prettig en lok al wat leef en beef. Dis die dag waarop mens vir ...

Bokomo-brekfisbrief; 03/03/09: Audrey Blignault was nie 'n kerkbasaartannie nie

LitNet 2009-03-02 Nie so lank gelede nie, was sy twee maal ouer as ek, maar ek is seker ons sou vriende kon wees. Sy was bietjie ouer as my ma wat ook nie ʼn basaartannie was nie. Verlede jaar, terwyl ek by Aardklop was, het ek gehoor sy is oorlede. ...

Bokomo-brekfisbrief; 02/03/09: Rattling your cage

LitNet 2009-02-27 Diereregte is al beskryf as die laaste van die groot vryheidsbewegings. Die ander vryheidsbewegings was natuurlik die bevryding van slawe en vroue, praktyke soortgelyk gewortel in die idee van eienaarskap en gebruiksreg. Vandag het ons ...

Bokomo-brekfisbrief; 01/03/09: Die laaste woorde oor die geween van plante en diere

LitNet 2009-02-27 Kyk, liewe vriende, ek wil nou nie te veel aangaan oor die gegil van plante en die gehuil van diere nie. Die bottom line is, ons moet eet. My vraag dus ... eet ek 'n wortel wat in stilte gil? Of 'n lekker skaaptjoppie, waarvan ...

Bokomo-brekfisbrief; 28/02/09: Die gil van die geelwortel, vir Herman Lategan

LitNet 2009-02-27 Dankie vir jou briefie, Herman. Ek hoor wat jy sê: hoe weet ons dat plante nie ook gil nie? Dalk kan ons hulle net nie hoor nie ...Jy is reg: ons denke is mens-sentries. En om ons eiebelange kring die belange van diere. En om dit ...

Bokomo-brekfisbrief; 27/02/09: My beste jaar ooit - vir Melt

LitNet 2009-02-26 Almal van ons dink sekerlik met tye terug aan vergange se dae. So dink ek vandag aan 1968. Destyds het ek nie juis gedink dat dit ʼn besonderse jaar was nie, maar noudat ek terugkyk, was dit tog ʼn wonderlike jaar. Waarom?Omdat ...

Bokomo-brekfisbrief; 26/02/09: Die digter Dementor se duister brief

LitNet 2009-02-25 Geagte Digter U het onderstaande neergepen: Je ne se quoi paramour vive le fraternite allez France je'taime por mon ami pardon le petit boudoir terroir soucciance non regrette rien ... uuhhm ... voule vous (aha!) ... eerr ... rouge ....

Bokomo-brekfisbrief; 25/02/09: Meerrschaum en bruyère, vir Swys

LitNet 2009-02-24 Hello, SwysNet éérs ʼn vinnige vragie. Rook jy nóg gereeld pyp? Ekself het mos opgehou rook.Die ontdekking van dié dinge wat die lewe lekker maak, soos byvoorbeeld kaas en wyn, is gewoonlik te danke aan ...

Bokomo-brekfisbrief; 24/02/09: Om 'n stoep te soek op 'n Saterdagaand

LitNet 2009-02-23 Ek hou van gewone mense. Want hulle koester nie hulle afwykings nie. Die wêreld is deesdae so vol kunssinniges, diepsinniges en al die variëteite kranksinniges dat 'n doodgewone ordinêre mens skoon 'n rariteit ...

Bokomo-brekfisbrief; 23/02/09: Krok en Oester: 'n Diep Demokratiese gemeenskap

LitNet 2009-02-20 Ek wou nou al 'n ruk lank iets oor julle idees rakende 'n diep demokratiese gemeenskap skrywe, maar die tyd was ongelukkig beperk. Siende dat politici ons soos gewoonlik diep teleurstel, voel ek al hoe meer gemotiveer om my heil ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/02/09: As 'n blinde wat kan sien by jou kuier

LitNet 2009-02-20 Ek het nog nooit 'n blinde man in die oë gekyk en met hom gesels nie. Ek onthou jare gelede het ek vir Koos voor Wecke & Voigts in Windhoek gewag. Voor die winkelvenster vol kleur en vorms het 'n blinde man sy Bybel ...

Bokomo-brekfisbrief; 21/02/09: Schnauz: my Dunhill-pyp

LitNet 2009-02-20 Hallo Schnauz,Daar in die vroeë 70's het ek spesiale moeite gedoen om vir my die "regte" pyp by die "regte" plek in Londen te koop. As ek reg onthou, was dié twakkenier juis bekend as Dunhill's, ...

Bokomo-brekfisbrief; 20/02/09: Die ou-ou tyding op CD

LitNet 2009-02-19 Die Cantamus Corde-koor het pas ʼn CD met die bekendste ou Halleluja-liedere uitgegee - in lieflike verwerkings deur dr Niel van der Watt, musiekonderwyser by Pretoria Boys' High. Die koorleier is die begaafde Renette Bouwer, ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/02/09: Trappe van vergelyking van die verleidelike Blou Makou

LitNet 2009-02-18 Blou Makou laat my behoorlik swymel. Eens op 'n tyd het Blou Makou só gelyk. Op daardie stadium het PW en Seuns hom mooi in shape gehou.Maar sedert hy kom aansit het by die vleispotte van die Nuwe Suid-Afrika, is ...

Bokomo-brekfisbrief; 18/02/09: Navidad nuestra – In antwoord op 'n Stem se Bokomo-Brekfisbrief

LitNet 2009-02-17 Ek het gisteroggend se Bokomo-Brekfisbrief besonder geniet; veral omdat dit inderdaad oor ʼn aangrypende stuk musiek gehandel het. Dit het my laat terugdink aan die keer toe Amanda Strydom Ariel Ramírez se Misa Criolla sowel ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/02/09: Misa Criolla

LitNet 2009-02-16 Ai, maar ek sit nou so lekker en werk en in die agtergrond sing Mercedes Sosa in haar unieke stem Ariel Ramírez se Misa Criolla. Hoendervleis mooi!! My gedagtes loop draaie en ek onthou ons eie diva, Amanda Strydom, se weergawe ...

Bokomo-brekfisbrief; 16/02/09: Yuri se Ruiters

LitNet 2009-02-13 Ja, Yuri, so wonder ons maar almal oor daardie ruiters van die koeltebome. (Jammer, Melt en ander. Ek weet die stuk is lank, maar ek voel nou beter.) Sien jy nou, Yuri!Ek wil my verbeel dat ek onlangs êrens 'n skrywe onder ...

Bokomo-brekfisbrief; 15/02/09: Die storie van die hoed

LitNet 2009-02-13 Oom Albrecht is vanmôre lelik omgekrap. Dis nou al dae dat sy hoed sommer so tussen neus en ore spoorloos verdwyn het. Hy is nie eens lus om kerk toe te gaan nie. Doelloos ry hy deur die strate, want Bettie, sy wederhelfte, het al ...
Top