Bokomo-brekfisbrief; 31/03/09: Vaarwel, Oom Daan, vaarwel

  • 0

 

 

Oom Daan

Jou annerlike skryfsels en hierdie Bokomo-Brekfisbrief was eers de ene njammies vir hierie ou tjôkôhôlic. Jy praat toe van jouself as wit sjokolade uit die ouer deel vannie boks, wat soms 'n bietjie bitter is? Dis ék wat nou met 'n helske galaanval van bitterheid sit, kastige Oom Daan.

Jy sien, in my stroopsoet Inside Story - Delektibel Traffel - het ek mos gedroom jy's naasteby my portuur, hopelik selfs 'n bietjie ouer, mag die hemele jou behoed. Maar toe kom val die berge op my en die heuwels bedek my met hierdie aller-verskriklikste skok.

Innie rêrige lewe is jy toe niks, zat, nada boggerol van 'n oom nie, allietyd só 'n blooming aansienlike jong rammmetjie. Seker nog met 'n harem vol histéériese bokkies ôk agter jou aan. Gmmf, dan los ek jou maar kould turkie.

Vaarwel, my Droom-Oom Daan, vaarwel!

Antie Ellen (snik)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top