Ek kry altyd 'n pyn van die geklaery oor perfekte, suiwer Afrikaans. As 'n klong van die Cape Flats en die Karoo, weet ek juis hoe mooi die variasies in 'n taal kan wees. As jy in hoog Afrikaans wil praat, be my guest, maar los ons ander in vrede. Soos my vriendin hier in Nederland vir my sê as ek te suiwer praat: "Niee, moerou nie vir jou upstairs kom sta a hou hie by ons'ie." Die ou suiweres laat my te veel aan die snotties van Protorio dink.
Op die metro- en spoorwegstasies kry jy soggens gratis koerantjies. Een van hulle is Sp!ts. Die een opskrif vang my oog Woensdag: "Eenderde neemt dronken bob". Die term "bob" word gebruik vir die designated driver as 'n groep uitgaan, en hy of sy mag dan nie drink nie. Oukei, lyk my die versoeking is soms te groot as jy die berig lees. Maar in die berig word woorde soos "stoned", "headset" en "carkit" ook gebruik. Gewoon die gebruikswoorde in Nederlands. Website, computer, containers, lift, anti-ageing, natural make-over, quiz, budget, sien ek byvoorbeeld ook vanmiddag raak toe ek oplet na Engels in Nederlands.
Onze Taal is die maandblad van Het Genootschap Onze Taal. Op die agterblad verskyn 'Ruggespraak', wat taalblapse uit die media, koerantopskrifte en websites bevat.
Hier is 'n paar:
Personeelsadvertentie CBS in de Volkskrant:
"Jaarlijks overlijdt ongeveer 32 procent van de Nederlanders aan de gevolgen van hart- en vaatziekten, en 30 procent aan kanker"
NRC Handelsblad:
"Nederlandse leerlingen van 9 en 10 jaar kunnen minder goed lezen dan vijf jaar geleden"
"De lijst van rijkste vrouwen in China wordt dit jaar voor het eerst aangevoerd door een vrouw"
Algemeen Dagblad:
"Moeders, baby's en alle anderen die meer willen weten over borstvoeding, zijn vanaf 20 uur welkom."
Sp!ts:
"Discotheken verbieden kleding"
de Volkskrant:
"Straf is zinneloos voor plegers zelfmoordaanslag."
Terwyl my mense en die suiweres trots ons taal praat, hoe dan ook al, leef dit voort. Afrikaans is gewild in Nederland, radiostasies speel ons musiek, ek hoor Amanda en Gert gereeld, op TV sien jy dit in taalprogramme, in die biblioteek, selfs by die drag-karaoke bar kan jy in Afrikaans sing!
Hou op met moan, en gooi die taal, hoe dan nou ook al.
Afrikaan


