SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 18/04/09: Wangedrag by sportbyeenkomste

LitNet 2009-04-17 Vandag se jongmense word erg gekritiseer oor hul gedrag of wangedrag by sportbyeenkomste. Die geskiedenis herhaal homself maar net. Ek het reeds in 'n brief genoem dat ek in Durbs by die see gewoon het. Natal het destyds in die B- ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/04/09: Stemdag in die buiteland - so sinneloos soos ʼn Ierse moord?

LitNet 2009-04-16 Mense soek stories. Seks. Moord. Liefdesdriehoeke. Ek en my man slaan vuis oor wie lees vanaand Deon Meyer, so dis seker geen wonder dat 'n boek oor Ierse moordsake my toe so teleurstel nie.Murder Will Out se titel is te danke aan William ...

Bokomo-brekfisbrief; 15/04/09: My broer se herder

LitNet 2009-04-14 Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oë is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae ...

Bokomo-brekfisbrief; 14/04/09: '94-verkiesing

LitNet 2009-04-09 April 27, 1994, verkiesingsdag. Ons staan met geboë hoofde terwyl trane oor die wange stroom. Die radio het dit pas hard en duidelik uitgeskreeu: ANC - 62% van stemme getel. Die einde van 'n era het aangebreek, die nuwe het ...

Bokomo-brekfisbrief; 13/04/09: The Raj is back

LitNet 2009-04-09 Nou dat Yuri dit noem, sien ek ook nou die dag een bekende wese op ʼn plakkaat aan ʼn kragpaal hang hier in Pretoria. Ek ruk amper toe my nekwerwels uit lit om te sien wie die bekende/beminde persoon is. Sowaar, dis die Raj van ...

Bokomo-brekfisbrief; 12/04/09: Die siekte waaraan sommiges ly, maar dit nie eens weet nie

LitNet 2009-04-09 Ek praat van ‘binge eating'. Ek was nog altyd groot, het op skool 115 kg geweeg, maar het 400 m gehardloop en was nooit vet nie. Tot ná skool, toe ek ewe skielik begin gewig optel het. Ek het toe alle sportsoorte ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/04/09: 'n Kruis tussen Katriena en Poppie Nongena

LitNet 2009-04-09 Ek en Patience, my nuwe, 40-jarige huishulp en ma van sewe, staan in die kombuis en praat terwyl ek vir die langnaweek se kamp beskuit bak. Sy vertel van al die mense vir wie sy al gewerk het. As ek 'n skrywer was, kon ek sowaar ...

Bokomo-brekfisbrief; 10/04/09: 'n Anderster Paasfees-storie

LitNet 2009-04-09 Ou JP was behoorlik stinkryk na hy die Lotto gewen het. Hy en sy vrou Cynthia het in 'n paleis van 'n plek ingetrek. Hul enigste geselskap was Patches, hulle brakkie. Dié was so bedorwe dat sy pote nie aan grond of gras ...

Bokomo-brekfisbrief; 09/04/09: Dominee, dit het so onskuldig begin ... ek wou net gou loer ...

LitNet 2009-04-08 EK: Moenie! Asseblief, moenie!EK: Man, ek wil net gou kyk!EK: Asseblief! Jy weet wat gaan gebeur!EK: Man, net vinnig loer, ek belowe jou!EK: Jy gaan weer by niks uitkom nie ...EK: Net vinnig ...EK: Ja, wel, ek ken daai vinnig ... Wat ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/04/09: Skoolhou

LitNet 2009-04-06 Jy stap op so 21 of 22 in die skool in. Blink ogies en mooi gepoleerde drome. Die eerste dag in die personeelkamer vra 'n gryskoptannie jou om asseblief op 'n ander stoel te gaan sit want jy't op HARE durf sit. Stert tussen ...

Bokomo-brekfisbrief; 06/04/09: Ouderdom

LitNet 2009-04-03 'n Mens is so oud soos die dametjie wat jy bevoel, het iemand eendag gesê. Arthur is my hande. Hy is die ene wat presies weet waar ek nie my tang of hamer of grinder gebere het nie. "Waar is die nuwe bar wat ons ...

Bokomo-brekfisbrief; 05/04/09: Port Elizabeth

LitNet 2009-04-03 Ek is nou al 'n week lank in Port Elizabeth.Ek het natuurlik 'n ander SêNetter probeer laat weet ek is hier, maar die selnommer werk seker nie, of so-iets.Ek moet sê, ek het die week tot dusver nogal geniet. Die ...

Bokomo-brekfisbrief; 04/04/09: Wees gewaarsku, Oom Daan!

LitNet 2009-04-03 Moenie die Evatjies ook in ʼn tjoklit-boks gaan inprop nie. Sê nou net 'n paar ouerige anties sak op jou toe? Dan sal jy defini-blerrie-tief nie net permanent op pensjin wees nie, maar permanent met die aarde gelykgemaak ...

Bokomo-brekfisbrief; 03/04/09: Weer, 'n paar eenvoudige voorstelle vir SêNet

LitNet 2009-04-02 Geagte redaksie Miskien is my skrywe misplaas of uit voeling. As my bydrae die pot mis sit, help my reg? Ek wil egter om duidelikheidshalwe net my gevoel oor SêNet afrond met ʼn paar praktiese voorstelle. Let wel, hierdie ...

Bokomo-brekfisbrief; 02/04/09: Die relatiwiteit van die verskynsel wat in die volksmond breedweg 'oom' heet

LitNet 2009-04-01 Liewe Meltvoet, Só kan ek my darem nie laat uitlok en voldoen aan die gewone verwagting dat ek liewer moet onthou dat 'n toe bek 'n heel bek is nie! Melt - jy, my dier - is 'n bokkapater van 'n heel oorspronklike ...

Bokomo-brekfisbrief; 01/04/09: Sinneloosheid op sy beste - verkiesing 2

LitNet 2009-03-31 As ʼn roker (ja, Williams) besef ek terdeë die vuur waarmee ek heeldag letterlik speel. Ek probeer my slegte gewoonte so beoefen sodat dit niemand aanstoot gee nie. Naby my of enige iemand en sy/haar kinders doen ek dit ...

Bokomo-brekfisbrief; 31/03/09: Vaarwel, Oom Daan, vaarwel

LitNet 2009-03-30 Oom DaanJou annerlike skryfsels en hierdie Bokomo-Brekfisbrief was eers de ene njammies vir hierie ou tjôkôhôlic. Jy praat toe van jouself as wit sjokolade uit die ouer deel vannie boks, wat soms 'n bietjie bitter ...

Bokomo-brekfisbrief; 30/03/09: Francois le Roux se klagte oor SêNet se formaat

LitNet 2009-03-27 In antwoord op Francois le Roux se brief: Hoe moeilik is dit nou om te besluit wie se briewe jy wil lees en wie s'n nie? Dis nie nodig om "Russian Roulette" te speel "met lang lyste van obskure titels" nie. Jy ...

Bokomo-brekfisbrief; 29/03/09: Wenke vir Pastoor Papkop

LitNet 2009-03-27 As jy dink ek gaan my musiek of my Mazda verkoop, dan is jou kop sommer baie pap.Maar ek hou van die "Papkop Ministries"-idee en ek wil graag help met raad. (Ek het op 'n stadium self met die idee gespeel en in die proses ...

Bokomo-brekfisbrief; 28/03/09: SêNet se formaat

LitNet 2009-03-27 Anders as 'n paar ander mense hier, hou ek nogal van SêNet se formaat.Om die briewe oop te maak is soos om 'n boks tjoklits te sit en opeet en as mens eers vertroud is met die soort sjokolade wat in elke gelybelde rêpper ...
Top