Die mense praat en rumoer oor varke, vlieë en vreemde virusse.
Nou wil ek net weet: wie is eintlik die vark in die verhaal? Is dit die varke self of die vlieë, of is daar nou vlieënde varke en varkerige vlieë?
Die mense wat hulle soos varke gedra of soos padvarke bestuur, is hulle ook draers van die virus?
En wat van die mense wat soos vlieë rondvlieg agter nuwe dinge en sensasies? En die wat soos blou brommers al om jou draai?
Is die gewone huisvlieg nou ʼn bedreiging vir die mens of is dit die vlieënde virusse?
Annatjie


