Bokomo-brekfisbrief; 13/05/09: Gee Zuma 'n kans

  • 0

 

 

Goed en wel, hy word verdink van erge korrupsie (en nie sonder rede nie) maar miskien was dit as gevolg van onkunde oor presies wat korrupsie behels. Kultuur en tradisie sou ook 'n rol gespeel het hierin, veral die beginsel "ons help mekaar" wat waarskynlik sy grondslag in Ubuntu het. Sy versoenende benadering is egter baie belangrik om in hierdie verskeurde land weer 'n bietjie vreedsame samewerking te verkry. Dit lyk asof selfs Julius dit ter harte begin neem. Maar liefdevolle samewerking moet gebalanseer word met 'n harde hand op kriminaliteit, ander bars alles weer uitmekaar as wittes steeds voel hulle is die slagoffers van swart geweld.

Myns insiens is die opname van Pieter Mulder in die kabinet 'n goeie skuif, dit kan voordele vir Afrikaners en alle wittes inhou. Hulle kan tog nie teen die Engelse diskrimineer nie en daar is baie Engelse boere in die land wat ook kan voordeel trek. Ons is beslis die enigste wit stam in die land. Ons het ons eie taal hier ontwikkel (ek misken nie bydraes van ander groepe nie); ons het geveg teen vreemde oorheersing en duur betaal daarvoor; ons het ons eie besondere kultuur en selfs ons eie unieke kerke. Miskien die belangrikste: ons was eerste hier en al ver gevorder om ons eie taal en kultuur tot stand te bring toe die Engelse opdaag.

Maar ek is nogal bekommerd oor daardie kommunis wat hulle in beheer van hoër onderwys geplaas het. As ek reg onthou is hy een van dié wat graag praat van "vinniger transformasie" en die joos weet wat hy alles onder daardie begrip insluit.

Dit is natuurlik 'n totale mistasting om te beweer dat net "verligte" Afrikaners vir die DA stem. Ek ken 'n hele aantal erg rassistiese tipes - selfs Engelssprekendes - wat vir die DA stem omdat hulle dink Zille gaan die ANC en swartes in die algemeen "opdonner". Ook Tony Leon se "Fight Back"-veldtog destyds het hulle om dieselfde redes na die DA gelok.

Groete,

Varkspek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top