Bokomo-brekfisbrief; 01/05/09: Zuma en die Afrikaanse letterkunde

  • 0

 

 

Melt, my ou, wat gaan die Afrikaanse digters, digteresse en romanskrywers nou doen dat Zuma aan bewind gaan kom? Gaan hulle soos die rotte van Hameln agter sy fluit aan dans of gaan ons darem weer soos in die tagtigerjare ʼn bietjie kritiek van ons skrywers kry? Die arme goed sit deesdae so met die wolletjies in hulle naeltjies en speel dat mens wonder of daar nog enigsins sin in die lees van Afrikaanse boeke is.

Wat het geword van protes? Of gaan ons weer ʼn fase binne van die Afrikaanse letterkunde is nie ons letterkunde nie? Dit is te veilig. Dis te soet en dis verwyder van die werklike dinge om ons.

Of het die Afrikaanse skrywersgemeenskap nou so lekker begin dik raak na 1994 dat hulle nie meer rede het vir kritiek uitspreek nie? Vetgevoer en tevrede speel hulle met die buurvrou se kwakkie en stamp hulle elmbogies skurwer teen die muur soos hulle draadtrek.

Mietjie Beukes

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top