SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 08/05/09: My drie Ma's

LitNet 2009-05-07 Ek onthou hoe jy by die agterdeur wasgoed gewas het met die dubbelbaliewasmasjien. Die skuimbolle het gras toe gefladder en ons het daardeur gehardloop terwyl ons Tarzan en Jane gespeel het. Jou mooi polkadot-rok met die breë belt ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/05/09: Hier volg die weervoorspelling

LitNet 2009-05-06 Ek het van Sue se ervaring met die weer gelees. So gaan dit mos maar. Ek ken ʼn omie wat een keer vir my waar woorde gespreek het. Hy het gesê daar is ʼn paar manne wat jy nie sommer glo nie. Een van die manne wat hy toe ...

Bokomo-brekfisbrief; 06/05/09: Die skaakbordpaaiboelie

LitNet 2009-05-05 Terwyl ek vanoggend rustig sit en lees in my studeerkamer, is daar 'n klop aan die deur. "Binne, Elsi, en sit sommer die skinkbord daar op die lessenaar neer," sê ek sonder om op te kyk."Dis nie Elsi nie, oom, ...

Bokomo-brekfisbrief; 05/05/09: Johrné van Huyssteen

LitNet 2009-05-04 'n Lang beplande ontmoeting kom uiteindelik tot einde met 'n e-pos aan Johrné van Huyssteen: "Sien jou by die Thabazimbi Wildsfees hê-hê-hê. Swerwer." Twee ‘vyande' gaan van aangesig ...

Bokomo-brekfisbrief; 04/05/09: Swine flu

LitNet 2009-04-30 Die mense praat en rumoer oor varke, vlieë en vreemde virusse. Nou wil ek net weet: wie is eintlik die vark in die verhaal? Is dit die varke self of die vlieë, of is daar nou vlieënde varke en varkerige vlieë? Die ...

Bokomo-brekfisbrief; 03/05/09: Paul en sy testament-salami - bon appetit!

LitNet 2009-04-30 Paultjie!'n Grap, sê jy? Maar natuurlik, alles omtrent julle ís 'n grap. Hoe sou 'n mens julle ernstig opneem oor enigiets wat julle moet uitlê? Laat staan maar liewer, boet! Dit raak al erger ... Eers ...

Bokomo-brekfisbrief; 02/05/09: Angus, Paul, Thomas en Dan: Die kuber-evangelis en Cecil B de Mille

LitNet 2009-04-30 Beste Angus, Paul, Thomas en DanEk lees met die grootste belangstelling 'n brief aan Lappop, Leon, en Oom Daan van 29-04-2009 deur die kuber-evangelis oor sy beste films ooit, waarin hy konstateer: Ben-Hur en The Ten Commandments ...

Bokomo-brekfisbrief; 01/05/09: Zuma en die Afrikaanse letterkunde

LitNet 2009-04-30 Melt, my ou, wat gaan die Afrikaanse digters, digteresse en romanskrywers nou doen dat Zuma aan bewind gaan kom? Gaan hulle soos die rotte van Hameln agter sy fluit aan dans of gaan ons darem weer soos in die tagtigerjare ʼn bietjie ...

Bokomo-brekfisbrief; 30/04/09: Camino: Heilige Jakobus, die More en die Ysterpelgrims

LitNet 2009-04-29 Na al die geskimp oor die Belgiese bandiete van die webmeester en die liewe Ellen wat die Camino onveilig sou maak, moet ek darem sê ek het wel Belge op die roete teëgekom, maar hulle was almal Frans en vroom ...

Bokomo-brekfisbrief; 29/04/09: My ervaring op stemdag

LitNet 2009-04-28 Dit was natuurlik yskoud op stemdag, maar ek en my dogter wat vir die eerste keer sou stem, was al douvoordag in die tou. Daar was 'n vreemde gedempte atmosfeer wat definitief baie van die 1994-verkiesing verskil het. Gelukkig kon ...

Bokomo-brekfisbrief; 28/04/09: Nie 'n mond vol tande nie

LitNet 2009-04-24 Die bloederige juweeltjie, Teeth, is 'n fliek wat 'n spesifieke relevansie vir Suid-Afrikaanse gehore mag hê.Mitchell Lichtenstein (seun van die bekende skilder, Roy Lichtenstein) se debuut-film speel af in voorstedelike ...

Bokomo-brekfisbrief; 27/04/09: Angus se testamentêre kwessie

LitNet 2009-04-24 Is dit nie verstommend hoe die ateïste hulself openbaar in hul onlogiese self nie!Met die perdeprobleempie van Angus is dit vir ons gedemonstreer - twee ateïste het geantwoord sover, Paul en HJ, en beide het dieselfde tipiese ...

Bokomo-brekfisbrief; 26/04/09: Nee, skoonma .....

LitNet 2009-04-24 Ek gaan nie by die huis bly by my kinders nie, ek gaan werk. Ek gaan nie elke oggend vir my man die hek oopmaak in my kamerjas dat hy kan werk toe ry en ek dan heeldag huisskoonmaak en kook en bak, en dan vanaand as hy huistoe kom, hom by die ...

Bokomo-brekfisbrief; 25/04/09: My verkiesingsdag

LitNet 2009-04-24 Dag MeltEk dag ek sal my ondervindings die afgelope verkiesingsdag met jou en jou lesers deel, omdat ek glo dat my verhaal een van hoop is, iets wat ons almal tans in groot dosisse benodig. Omdat ek niemand vertrou nie, en daar weer ...

Bokomo-brekfisbrief; 24/04/09: Angus se testament

LitNet 2009-04-23 My liefie reken my oplossing is wiskundig lomp. Daar is 17 perde.HJ: Tel een perd by. Ta'Annie: Hoekom? HJ: Sommer, anders werk dit nie uit nie. Ta'Annie: Luister, mannetjie, hier op die plaas kan jy nie sommer-sommer nie, ons ...

Bokomo-brekfisbrief; 23/04/09: Wat is die prys vir menslike evolusionêre ontwikkeling?

LitNet 2009-04-21 Soms, as dit donker word en ek luister nuus of lees koerant of die een of ander wetter probeer by my huis inbreek en ek verwilder hulle met 'n skietery dan ...Ek wil nou nie 'n geweeklaag en gekners van tanne oor die geldigheid ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/04/09: Verkiesings-blues

LitNet 2009-04-21 Dis die nag voor die verkiesing. Ek het nog nie 'n oog toegemaak nie en dis al lank na middernag. Ek lê in my bed en wroeg. Dis slegs enkele ure voordat ek daardie allerbelangrike besluit moet neem. Vir wie gaan ek stem? Agter ...

Bokomo-brekfisbrief; 21/04/09: Haar naam is Ragel

LitNet 2009-04-20 My oom At was 'n mooi man. Hy het in Gamka 'n stukkie grond in 'n vrugbare baarmoeder omskep. Saad wat eers in sy hande gelê het, het in hierdie baarmoeder van die aarde ontkiem en vrugte en groente gedra. Die ryp ...

Bokomo-brekfisbrief; 20/04/09: Jelleke, Jelleke, Jelleke ...

LitNet 2009-04-17 Man, Jelleke, ek het jou laaste brief aan my deeglik deurgelees en alhoewel my kop miskien bietjie te plat is om al jou malkoppie-pittighede (het jy BA geswot?) te verstaan, voel ek erg gefassineer deur jou manlike bediende-fantasie.Ek ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/04/09: Annelisa Weiland en die rekenaar-wildernis

LitNet 2009-04-17 Welkom in die rekenaar-wildernis, liewe A!Jy gaan sit voor die damn ding en weet nie waffer kant toe nie. Op daai ander GROOT masjien-ding, NIE waar jou skerm is nie, druk jy die grootste knop. Nou word die rekenaar aangesit en daar kom ...
Top