Bokomo-brekfisbrief; 27/05/09: Tee

  • 0

 

Ek het dit al dikwels by swart mense gehoor, selfs Zoeloes wat van Engelsrige dele van KwaZulu-Natal kom: Hulle gebruik die Afrikaanse woord TEE as 'n generiese term vir koffie of tee.

My Zoeloe-girlfriend Nelly vra my soms: "Do you want tea?" (sy gebruik wel die Engelse woord), en as ek sê ja, bring sy 'n koppie koffie vir my.

Wanneer sy Zoeloe met ander Zoeloes praat, gebruik sy egter TEE.

Vanoggend toe ek inkopies by Supa Saver in Yeoville doen, staan daar 'n swart man in 'n blou oorpak voor my. Hy het wegneemkoffie in 'n wit polistereenbekertjie gekoop. 'n COFFEE-etiket was daarop geplak. Die dekseltjie was effens los en van die koffie het op die toonbank uitgelek. Ek het gehoor hoe korswel hy en die kassiere in Zoeloe daaroor, en die woord TEE is gebruik.

Moral of the story: Tee kan boere ook troos.

Kleinboer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top