Is dit nie verstommend hoe die ateïste hulself openbaar in hul onlogiese self nie!
Met die perdeprobleempie van Angus is dit vir ons gedemonstreer - twee ateïste het geantwoord sover, Paul en HJ, en beide het dieselfde tipiese ateïsagtige "oplossing" gebied. Is dit nie verstommend hoe eenders hulle dink nie, en hoe hulle albei 'n bedrieglike skynoplossing bied omdat hulle gewoon onkundig is in ware logika en insig.
Feit is, hierdie tipe van praktiese kwessies konfronteer praktisyns feitlik daagliks.
Ateïste het hul eie manier om dit te hanteer, nes die kwessie van die skepping en die Skepper. Hulle formeer 'n drogteorie en gee dit uit as een van hul berugte "feite". So flous hulle hulself en sit agteroor, want hulle het mos nou die oplossing "gevind" - selfbedrog en twak. Alles wat hulle nié kan kleinkry en begryp nie, en daar is báie, met ander woorde alles wat werklik logies en dinamies is, sit hulle in 'n pot met die etiket "meem", en vergeet daarvan.
Kom ons loer gou hoe kunsmatig en bedrieglik hulle oor die eenvoudige perde-erfenis redeneer.
In die eerste plek is daar net 17 perde in die boedel, die somtotaal van die boedel, en nie 18 nie. Dit is al waarmee gewerk moet word. Koos Koekemoer se perd, wat hulle sommer kunsmatig bygooi, omdat hulle nie tot beter in staat is nie, kan egter nie vererf, soos die ander 17 nie, bloot omdat dit nooit deel van die boedel was, of vorm, nie. Derhalwe kan Willie nie "maak" asof daar nog 'n perd in die boedel was en dan weer die vreemde perd terugneem nie. Niklaas se testament maak ook geen voorsiening vir hulle om skuld te maak (perd te leen of te koop) nie (nie dat dit die probleem in die eerste plek in ieder geval oplos nie).
Dus sou opportunistiese eksekuteurs Paul en HJ dadelik probleme optel weens hul bedrieglike hantering van die boedel, en besware sou teen die finale distribusierekening gemaak kon word, want die perdegetalle wat opportunistiese eksekuteurs Paul en HJ aan die erfgename toeken, realiseer nie op die ou end na die korrekte persentasies ingevolge die testament toe nie, maar slegs by benadering, weens 'n kunsmatige ontoelaatbare ingreep (verskaffing van die ekstra, vreemde perd wat nie deel van die boedel vorm nie).
Volgens testament se duidelike bepalings moet Jasper 50% van die waarde kry; Niekie 33,33% en Stefaans 11.11 %. Tesame erf hulle dan ooreenkomstig die testamentbepalings slegs 94.44 % van die gehele boedel. Iemand anders, wat nie aangedui is deur Angus nie, sal dalk die res erf. Ons opportunistiese eksekuteurs Paul en HJ laat hulle gesamentlik egter sommer 100% erf, deur sommer die boedel kunsmatig op te deel deur nóg 5.56 % se waarde by die gehele boedel te voeg, omdat hulle nie weet hoe om die probleem op te los nie. Hulle het nie eens nodig gehad om verkeerdelik die ekstra waarde toe te voeg nie (onnodig gekompliseerd), hulle kon sommer net by benadering geskat het en die boedel perde verkeerdelik daarvolgens uitgedeel het, wat uiteindelik verkeerdelik deur ons eksekuteurs gedoen is.
Dit is 'n bedrogspul waar die eksekuteurs draaijakkals speel ... So 'n distribusierekening sal nooit goedgekeur word nie omdat hulle elk te veel gekry het, maar ook nie eens proporsioneel te veel ooreenkomstig die testamentêre bepalings nie.
Maar, dit is 'n tipiese demonstrasie van hoe julle feite verdraai en fiktiewe "feite" skep" en julle so "wetenskaplik" 'n probleem "oplos" - terwyl dit geen oplossing is nie, maar 'n bedrogspul!
Mens kan sien waarom julle nie antwoorde kry op julle eeue-oue "wetenskaplike" teorieë nie.
In so 'n skaakmatsituasie, in praktyk, word alles te gelde gemaak, en die geld ooreenkomstig die verhoudings verdeel, veral gesien dat geeneen van die bemakings legate is nie.
Julle vra raaisels, maar raak verstrik julle in jul eie raaisels.
Kobus de Klerk


