Bokomo-brekfisbrief; 03/05/09: Paul en sy testament-salami - bon appetit!

  • 0

 

 

Paultjie!

'n Grap, sê jy? Maar natuurlik, alles omtrent julle ís 'n grap. Hoe sou 'n mens julle ernstig opneem oor enigiets wat julle moet uitlê?

Laat staan maar liewer, boet! Dit raak al erger ...

Eers gee jy al die perde weg, in mede-eksekuteurskap saam met die knaap HJ, en toe jy my brief lees - en dié van die ander skrywers wat kan dink - tóé besef Paultjie dat Paultjie 'n groteske gemors van die arme perde gemaak het, natuurlik! Hoe sou Paultjie dit self agtergekom het? Onmoontlik! Moes dit eers by ons lees ...

Jy dink, sê jy? Moenie! Dit veroorsaak net probleme. Ons het al te veel gesien watter resultaat julle gedink kan afgee. Kyk, nou lees jy in wat ek geskryf het, dat ek iets gepraat het van perde opsny? Sien jy wat gebeur as jy dink? Wie moet agterna die gemors opruim? Paultjie, weet jy wat dit beteken om te gelde te maak, hmmm? Nee? Dit beteken jy verkoop dit, ou grote, nie opsny nie ...

Kyk verder ... Jy verstaan steeds nie wat aangaan nie. Jy ken mos nie testamente nie, en weet ook nie dat, as daar nié 'n klousule is wat skuldmaak magtig nie, mag dit nié gedoen word nie. Jy dink (gevaarlik!) dit is andersom!

Maar jy verstaan nie wat jy lees nie, en weet ook nie hoe om dit wat jy nié kan lees, te interpreteer nie, soos nou weer uit jou nuutste poging tot eksekuteurskap blyk.

Van die somme verstaan jy steeds niks. Nou moet die ouens sommer perde teruggee, sodat daar 'n persentasie kan oorbly - maar in jou eerste bereddering (of ek sou sê, belemmering) van die boedel het daar niks van die 17 perde oorgebly nie, en het jy 'n fiktiewe perd, wat nie deel van die boedel is nie, ingesleep omdat jy nie weet wat om te doen nie. Só het jy 'n fiktiewe "oplossing" vir 'n reële probleem aan die hand gedoen, wat dan uiteindelik géén oplossing is nie, maar 'n gemors (nes julle met die res van julle probleme oor die natuur, skepping en evolusie doen).

Skielik is daar 'n res vir die eksekuteursfooi, nadat jou erfgename dit wat jy hulle laat "erf" het, moes teruggee nadat jy gelees het wat ek geskryf het.

Maar jy verstaan steeds nie, en nou is die gemors groter. Al wat jy werklik herken, is die woord "salami". Kom ek vertel jou watter relevansie die salami het. Nadat julle ateïste met dié arme boedelperde klaar is, heen en weer, hiernatoe en daarnatoe, is hulle maalvleis, hê-hê-hê ...

Kyk 'n bietjie hoe maal jy die spul uiteindelik deurmekaar: jy, wat Paul is, : Ek sou (nou weer, nadat ek klaar alles uitgedeel het en weer moes terugvat) noem dat 'n perd, volgens die testament (kunsmatig, uit my duim gesuig) nie verdeel mag word nie (ongeag wat die testament bepaal) en dat die oorblywende perde (ongemagtig) myne is, as betaling vir my dienste as eksekuteur (ten spyte van die feit dat die Meester dit, weens my onvermoë om die boedel te beredder, sal weier). Elkeen se aandeel word dus (kunsmatig, ongemagtig) afgerond (omdat ek nie weet wat om anders te doen nie). Ondankbare Niekie kry een perd, domkop Stefaans kry vyf perde en ou Jasper, wat die fout van sy lewe gemaak het (deur Paul en HJ as eksekuteurs te aanvaar), kry agt perde.

Let wel - die woorde in hakies is my aanmerkings.

Sien jy? Nou lees jy weereens goed in die testament wat nie daar staan nie - soos julle aan die begin ook gedoen het. Julle is net glad nie tot logiese, rasionele denke in staat nie. Die gevolg? Nou kan daar darem bietjie salami uit julle maalspul (malspul) kom.

O ja, jy wil weet wat beteken "ateïs-agtige oplossing". Dit is natuurlik bo jou vuurmaakplek. Jy vra nogal vir Angus ... hoe op aarde het jy gedink, sal hý kan help? Dit kan vertaal word as "insiglose, kunsmatige, onuitvoerbare oplossing", wat eie is aan ateïste weens hulle gebrek aan ál die talente wat God gee: onder meer, ware insig en logika en spirituele intelligensie.

Cheers, Paultjie!

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top