Bokomo-brekfisbrief; 20/03/09: Wat elke vrou moet weet

  • 0

 

 

Ek loop vandag heel per ongeluk 'n baie interessante brief van Cas van Rensburg raak op die aanlynweergawe van Beeld wat handel oor Viagra en die rol van die penis in ons mans se lewens. Hy sê onder andere dat daar met behulp van sonar vasgestel is dat seuntjies van 'n maand voor geboorte al vir 'n uur per dag 'n ereksie kry.

Dit laat my net weer besef dat ons as mense ook maar net 'mammals' is met sekere voorafgeprogrammeerde drange. Dit is daar met die doel om die voortbestaan van die spesie te verseker. Ter wille van oorlewing.

Ek weet girls raak omgekrap as ons mans se oë so bietjie dwaal, maar julle moet asseblief besef dat ons dit nie met opset doen nie. Dis in ons DNA-samestelling. Ons doen ons bes om teen ons instinkte te veg en getrou te bly aan net een lewensmaat. En dit is ʼn moeilike stryd. Geen ander 'mammal' het net een maat vir 'n leeftyd nie. Kyk maar na die leeumannetjie. Hy het sommer 'n groep om van te kies. Dis hoe dit is vir elke spesie. Al wat verskil by die mannetjiesmens is die area waarin hy jag.

So, as jy en jou man volgende keer in die Waterfront loop en jy vang sy oog dwaal, dink aan die ontsettende inspanning wat dit verg om teen eeue se impulse te veg en nie in te gee nie. Stick hom vir 'n koue een en verstaan waardeur hy gaan.

Adriaan B

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top