Bokomo-brekfisbrief; 23/03/09: Theo Erasmus en die kykNET-tv-kanaal

  • 0

 

 

Baie dankie, Theo, vir jou insette oor kykNET. Ek dink julle doen baie goed, entlik fantasties, as mens julle klein begroting met die kolos Es-Ei-Bie-See 2 se miljoene-begroting (belastinggeld) vergelyk. Mens sidder om te sien hoe min SABC2 uitrig met hulle miljoene en hoe baie julle ouens met veel minder uitrig. Dit wys weereens wat kundigheid en gesonde verstand kan doen. Doen gerus so voort.

As jy vir Yuri ken, sou jy ook besef dat sy kritiek nie water hou nie. Hy is 'n Afrikaner-hater en 'n tipiese verloopte van met 'n ergerlike eksistensialistiese uitkyk. Niks gee hom groter vreugde in die lewe as om die Afrikaner en sy gevestigde waardes en voorkeure aan te val nie. As jy Yuri se raad moes volg, sal jou kanaal binne ses maande toemaak. (Yuri se kanaal is al jarelank reeds toe).

Sy voorstelle om PG du Plessis en Fanus Rautenbach terug te bring na die kassie, wys hoe uit voeling hy is met die werklikheid. Daardie mense is horingoud en afgeleef, hulle kan nie meer op die kassie verskyn nie, miskien dalk nog op radio. Maar daardie mense kom juis uit die era waarteen die Yuri-skepsel dit het en net daar weerspreek hy homself. Dalk was hy gesuip toe hy die grom-briefie gekwyl het na julle kant toe.

Steur julle nie aan Yuri nie en gaan voort met julle goeie werk.

Sterkte en Boeregroete,

Blou Makou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top