SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 28/01/09: Ek onthou my ma toe sy jonk en mooi was

LitNet 2009-01-27 Ek onthou my ma toe sy jonk en mooi was. Toe sy blymoedig opgewonde “Banks of the Ohio” gesing het, getrippel-trappel het op onmoontlike hoë hakke, rooivinkbek terwille van my pa wat van die werk af op pad was. ...

Bokomo-brekfisbrief; 27/01/09: Die grot van genot

LitNet 2009-01-26 Beste SêNetters Hiermee ’n klein waarskuwing aan dié wat hulle wil laat verlei. Naweke doen almal mos dinge waarby hulle nie deur die week uitgekom het nie. Ek sit sonder SêNet, lees die enkele ...

Bokomo-brekfisbrief; 26/01/09: Ontmoet Wim Braamse, ’n Nederlander met ’n onblusbare passie vir Afrikaans

LitNet 2009-01-23 Ons taal en alles wat daarmee saamgaan, is soos altyd, hoogs relevant. In die lig van die briewe oor Afrikaans wat die afgelope paar dae verskyn het, moes ek eenvoudig skryf om vir julle te vertel van ’n e-pos vriend wat ek ...

Bokomo-brekfisbrief; 25/01/09: Fietas, vir Douw en Oom Daan

LitNet 2009-01-23 Hey, engeltjies Oom Daan, Douw, die Fietas wat ons as studente geken het van 1967 tot 1970 en joune verskil ietwat. Die Goudstadse Onderwyskollege (Gokkies) was in Auckland Park, by die gasfabriek, en baie na aan Fietas en Jan Bom. ...

Bokomo-brekfisbrief; 24/01/09: Die V-8

LitNet 2009-01-23 ’n Hele paar jaar gelede het ons gesin ’n kort besoekie gebring aan ’n wildreservaat in die noorde. Ons het ons tentjies opgeslaan in die kampeerterrein net buite die reservaat. So met die intrapslag het ons opgemerk ...

Bokomo-brekfisbrief; 23/01/09: Menswaardigheid en die ware vrou

LitNet 2009-01-22 Die polemiek oor Minki en kie se foto’s het my laat dink aan een van my dorpie se karakters. Ek skryf haar verhaal sonder haar medewete, maar sy sal nie omgee nie. Trouens, ek glo nie eers sy kan haar naam skryf nie. Raaitjie ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/01/09: Oor baas-onnie Bok, blou boude en ’n bokkerop-opvoeding

LitNet 2009-01-21 Ja, laat ons ons legendariese onderwysers onthou. Hulle het ons denke gevorm en soms ook ons boude vol littekens vervorm. Ek moes wonder hoekom Ellen Keet juis vir my in haar brief vra of ek die Amasone-ikoon Bok – later die liewe, ...

Bokomo-brekfisbrief; 21/01/09: Krismisvark

LitNet 2009-01-20 Vader Krismis het my plaas toe mos heeltemal misgery. Die mislike vet bliksem het seker op SêNet gelees wat ek van hom dink. Of dalk was dit net dat sy takbokke ook nie vir die plaaspad wat Raubex se lorries so uitry, kans ...

Bokomo-brekfisbrief; 20/01/09: Met sy gat tussen die engeltjies ...

LitNet 2009-01-19 Liewe SêNetters Douwleen en ander se skrywes oor hul onderwysers het ’n klompie van ons darem ver laat terugdink aan die goeie – en minder goeie! – ou skooldae. Daardie karakters was mos groter as ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/01/09: Vir almal wat saamgepraat het oor die Nagwag en hulle wat ook in die kuns belangstel

LitNet 2009-01-17 My heel eerste besoek aan die Nagwag was terselfdertyd ’n wonderlike maar ook ’n teleurstellende ervaring. Die wonder het gelê in die grootsheid van dit wat voor my teen die muur gehang het. Die kommunikasie van ...

Bokomo-brekfisbrief; 18/01/09: Mammie M se Ma, Mme, Gogo vir Lavinia

LitNet 2009-01-17 Kgotso Mme, le kae? (Vrede, Moeder, hoe gaan dit met julle?) Let op die hoflikheidswoord le kae, nie o kae nie? Julle, nie jy nie, want dis te familiêr. Die feit dat jy oor almal uitvra, toon respek. Liewe mooi mense, die ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/01/09: As jy moet ry, moet jy ry ...

LitNet 2009-01-16 Vir Langhans het jy nie sommer heel gesien nie. Net so stuk-stuk. Hy was altyd iewers onder 'n kar of halfpad ingesluk deur een of ander enjinkap. Dit was 16 Augustus. Hy was besig om sy Ford Fairlane bloedrooi te ...

Bokomo-brekfisbrief; 16/01/09: Tel ''stock car racing'', Papkop?

LitNet 2009-01-15 Kyk, na my Ferrari-ervaring besluit manlief om my bietjie tydens ons Desembervakansie na George se ovaalbaan (dirt track) motorresies te neem. Hy het besef hier is ’n deel van sy vrou se menswees wat nog nooit ontgin is nie. ...

Bokomo-brekfisbrief; 15/01/09: Oor 'Oom' en 'Tannie'

LitNet 2009-01-15 Dis nou al heelwat jare terug (bliksem, tyd vlie darem!) wat ’n veel jonger ek en Mevrou Papkop in jooltyd deur Petoorsdorp ry. Eerstejaars op elke hoek. Verkoop Joolblaaie. (Is daar nog Jool en Joolblaaie?) Mevrou Papkop, ...

Bokomo-brekfisbrief; 14/01/09: Die saak van betekenis (met apologie aan Albert Camus en ook François Bloemhof)

LitNet 2009-01-13 Katrien Deneuve (as ek reg onthou) het laasweek gevra waaraan dit is wat ons ons menslikheid ontleen. Ek kan nie die detail als onthou nie, maar die gedagte spook sedertdien by my dat ons aanvanklik ook maar net nog ’n ...

Bokomo-brekfisbrief; 13/01/09: Rolf die grote … Vir almal wat honde het EN bure het

LitNet 2009-01-12 My hond se naam is Rolf. Hy is baie groot, maar eintlik is hy maar nog ’n babatjie. Hy is baie lief vir eet. Daar is ’n groot verskeidenheid goeters wat hy daagliks verorber. Hy het min fiemies, want hy eet enigiets wat ...

Bokomo-brekfisbrief; 12/01/09: Aanbevelings vir Gerda (en sommer Ben ook)

LitNet 2009-01-11 Soos verskeie ander bydraes wat onlangs hier geplaas is, het julle briewe my mond effe laat oophang. Nietemin, Gerda, jy vra vir aanbevelings, so hier is vir jou 'n paar praktiese wenke: 1. Die Salvation Army is altyd ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/01/09: Weerbarstige Jongelinge

LitNet 2009-01-09 “The time has come, the Walrus said, to speak of many things – of ships and shoes and ceiling wax, of cabbages and kings.” Aljimmers dink ek aan hierdie aanhaling uit Alice in Wonderland as ek oor dinge wil praat ...

Bokomo-brekfisbrief; 10/01/09: Ag tog, IK, SchmIKa!

LitNet 2009-01-09 Liewe almal wat lees en goeiedag ook vir die wat wil bypass na die volgende brief toe, (hopelik KdK, he-heh, hy sal julle heidense koppe uitsort …) Bypass nou dat ons kan aangaan. Okay, julle nog hier? Fyn. Hoë IK is ...

Bokomo-brekfisbrief; 09/01/09: Die see is nie jou speelmaat nie

LitNet 2009-01-08 Mens kan nie anders as om trane in jou oë te kry as jy dink aan die manne van die Kingfisher nie. Dankie, HJ. Die Blou Dam is nie ’n Meisie wat nonsense vat van kabouters nie. As sy die dag vat, dan vat sy jou sommer weg. Tog, ...
Top