Bokomo-brekfisbrief; 04/02/09: Weg met die blou liggies

  • 0

 

 

Voor 1994 het die president, sy ministers en die verskeie provinsies se administrateurs en LUR'e sonder enige spesiale begeleiding oor die weg gekom. 'n Vorige LUR uit Natal, Tino Volker, het ook in die lig 'n brief aan verskeie koerante gestuur.

Dit maak my dus siek om die groot sirkusoptog in Pretoria se strate te sien. En dit is net so skokkend om mense se klagtes oor hierdie bloulig-bendes op Radio 702 te hoor. Of in die Natal Witness te lees.

Daar was een minister wat naweke Pietermaritzburg toe sou gaan net vergesel deur sy bestuurder/lyfwag. Die hele blouligbendebedrywighede is duidelik nog 'n stap wat 'n mens moet veroordeel. Waarom dit doen? Is ons op pad na 'n piesangrepubliek?

Baie dinge is nog verskoonbaar, maar die blouligbendes nie.

Ek het al vir oud-minister George Bartlett in Smithstraat in Durban raakgeloop waar hy 'n uitstappie met sy vrou geniet het. Sonder enige wagte of bloulig-spoke in die nabyheid.

Dan het ek vir oud-adjunkminister Joe Matthews in Sunnyside se Woolworths raakgeloop met 'n lyfwag. Gevaarligte moes toe al geflikker het. Terloops, hy is Naledi Pandor se pa en seun van die oud-ANC-leier ZK Matthews. Wat sou oom ZK hiervan dink. Dit is nie die soort regering waarna hy en verskeie ANC-leiers gestreef het nie.

So tussen die ministers deur het een my beïndruk nadat ek haar een Saterdag by Hatfield-plaza gekry het sonder enige begeleiding. Dié minister, wat tans "werkloos" is, het tot een van Suid-Afrika se hoogte politieke ampte uitgestyg.

Die blouligbende maak my moerig ... veral indien jy sien hoeveel geld verkwis is op hul kantore in Parkstraat. Dit moes seker 'n pyn vir Trevor Manuel gewees het om te sien hoe geld verkwis word wat beter in misdaadbestryding gebruik kon word.

En wie is die grootste verkeersoortreders in Pretoria?

Weg met die blouligbende!

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top