Ek het gisteroggend se Bokomo-Brekfisbrief besonder geniet; veral omdat dit inderdaad oor ʼn aangrypende stuk musiek gehandel het.
Dit het my laat terugdink aan die keer toe Amanda Strydom Ariel Ramírez se Misa Criolla sowel as die Navidad nuestra by die Amfiteater buite Stellenbosch gesing het. En hoe gepas die geskel van ambulanse en polisiemotors as agtergrondmusiek was, presies by die hartverskeurende hoogtepunt ...
Agterna pleeg ek toe die volgende vers; miskien geniet iemand dit in soverre ʼn mens só ʼn vers kan geniet, bygesê. Ironies genoeg lewer dit seker ook sydelingse kommentaar op die uitgerekte Godsdiens-debat wat lyk my ewig en altyd met ons sal wees. Soos ook die vlieë.
By die amfiteater buite die dorp
luister julle na 'n plaaslike uitvoering
van die Navidad nuestra terwyl 'n string
noodvoertuie op die verbypad
die sangontwrig: Weg, weg, gaan, gaan, julle moet weg
hiervandaan, sing die koor tussendeur,
Met my arms vorm ek 'n wieg vir jou,
antwoord die diva en sleep
haar melodie verby die stamperige ritme
van 'n donkiemet 'n goddelike vrag na waar iemand
skynbaar ontspoor het langs paaie
van rampspoed -
Nootvas, die sirene, en kyk: die maan
wil saam deur die droogtes
van woestynen verlies, kyk: 'n meisie, dae lank
vermis, word gevind op die plafon van haar
ouerhuis en haar ma se minnaar
word gearresteer.Met my arms, 'n wieg vir jou, teem
die koor agterna en die sterre bokant julle
beduie na die lyk van 'n kind
verlate in die veldagter 'n inkoopsentrum waar iemand
hom gepluk en gelos het
om later opgetel te word en die tyd is
herodus se hordesop die spoor van 'n wysie wat vertel
van die angs om betreur te word
in streke van klip
en sand. En 'n ma se liefde
tussen die hakkelende noodligte
van leë armslangs paaie en die uitgestelde snik
wat soos gebruiklik die staande ovasie
voorafgaan, terwyl - héél gepas -
sirenes wegsterfom alles weer veilig te laat
soos dit 'n verhoog
sonder gehoor
betaam.
Net nog ʼn stem


