Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2008-09-04 Gistermiddag het ek vir die soveelste keer Dr Zhivago op TCM gekyk. Dit is een van die rolprente wat ek as tjokker met my ouma by 'n fliek in die sestigs in Marabastad gekyk het ... en dit was ingeprent, veral die temaliedjie. Gister het ...
LitNet2008-09-03 Krokodil, in jou skrywe is baie diepgewortelde aktualiteit versteek. Mien skryf van die metafisiese transendensie wat Totius, Keet en Kestell bewerkstellig het met hul Afrikaanse Bybelvertaling. Wanneer jy haar ware woorde lees dring ...
LitNet2008-09-01 Winkelsentrums is goed en reg. Hulle dien ’n doel en skep werk en laat ons vergeet van ons begrotings en hou die kinders se verbeeldings aan die gang en laat die bankbestuurder sweet want die kredietkaart is hel oor sy limiet. Parkering ...
LitNet2008-08-29 Swerwer,Jy maak 'n punt met jou skrywe oor die "boesmans" wat my na aan die hart lê.Daardie omskryfde psalm, net soos die sogenaamde Griekwa-psalm wat Randall Wicomb of iemand destyds gesing het, is om die minste te ...
LitNet2008-08-29 agter die masker 'n grootoog seunheavy metal wat in sy bewussyn dreun'n swaardlem klief deur die oggendlugen die donker een gee 'n tevrede sug in die hof is haar oë op haar kind vasgenaeldit was die dier, dis hy, hy't my seun ...
LitNet2008-08-29 Daar sê jy nou ʼn ding!En wat my vervies van beroepsport: dis nie meer die kaptein se span nie - dis die "afrigter" se span. Dink nou terug so 10-15 jaar gelede: toe't jy nog ʼn span geken aan die naam van ...
LitNet2008-08-29 Ek voel geïntimideerd deur bedelaars. Hulle is nie meer vriendelik nie, dis nie meer asof hulle vra nie, dit "demand" deesdae, en as jy nie gee nie, is die ouens sommer hoogs die moer in vir jou met slegte aanmerkings.Ek ...
LitNet2008-08-27 Vanoggend moes ek ver met die fiets ry. Hier by my in die buurt het die reën saggies geval en ek het my voorberei op 'n nat 8km oppad na die afspraak toe. Ek het my reën-pak oor my klere aangetrek, my besigheidstassie veilig in ...
LitNet2008-08-26 As die kreef ondermaat is, moet dit teruggegooi word; so sê nou-se-dae se wet mos. Maar skuins Freek kreefslag het in ou jare, voor dié soort wette geleef. Hy is aan die einde van elke skooljaar teruggegooi vir nog ʼn jaar in ...
LitNet2008-08-22
Melt,Dit klink vir my of jy jouself ook in ʼn kulturele moeras bevind. Een wat bestaan uit ʼn mengelmoes van souse wat afsonderlik as afronding van smaaklike disse dien, maar wanneer dit soos nou om jou bruis en borrel met elke voel-voel ...
LitNet2008-08-22 Naderende nag en stilte bring my siel na waters waar rus is. Ek drink uit die fontein van die dag se gebeure en waar ek hoog in Brandberg uit my skuiling die son se laaste straleveeg oor die aarde gadeslaan, reik my hand onwillekeurig na die ...
LitNet2008-08-22
Is die korrekte naam nie Aphrodite – a love of food & the food of love nie? Onder meer skryf Allende: “The beautiful and frivolous Pauline Bonaparte was sent by her brother Napoleon to Santo Domingo, in lightly veiled exile, to ...
LitNet2008-08-20
My droom van as ek oud word is om so ʼn sexy ouma te wees soos Isabel Allende. Op haar ouer-wordende dag – in teenstelling met “oudag” – menende so om en by sestig, maar nog lank nie tagtig nie – het hierdie ...
LitNet2008-08-19
Graag wil ek langs hierdie weg vir prof Hambidge bedank vir haar skrywe in By. Haar monduitspoel is vir ons soos purgasie. Ons sal ons egter daarvan weerhou om die uitskot van die purgasie hier ten toon te stel.Ek dink oom Izak en Breyten et al ...
LitNet2008-08-18
Wat is daar aan die uitbroei ... hoe klink dit dan of jy vir Krokodil flikkers gooi? Ek trek sommer jou been ... Ek ook hou ook baie van die nimlike en vurige Krokodil. Ek het nou al baie dae gewonder hoe sy lyk. Op ’n keer was daar ...
LitNet2008-08-17
Ons ou buurman was die goedheid self. Die Bloemhofs het die buitengewone gawe gehad om nederig te leef, om tot veel vrug vir die mense om hulle, en die kerk te wees, en om veel plesier uit gewone dinge te put. Maar moenie nou staan en dink dat Oom ...
LitNet2008-08-17
Ek hoop nie U sien hierdie as ʼn aanval of ervaar my as beledigend nie, en ek bedoel nie om U as persoon aan te vat nie. "Die postmodernisme se basiese uitgangspunt is ʼn demokratisering van hoë en lae kultuur ..." en so ...
LitNet2008-08-15
Peepol Melt "We peepol's on grassrootlevel want to speek. We suffered other peepol's (eeleetes), who tried to shut us up. We will not die for eeleetes. We will not bow for eeleetes. We will not sharrap for eeleetes." "Viva free ...
LitNet2008-08-15
Harry Kalmer het onlangs verwys na die kuns van die hakawati. Kalmer vertel van sy Libanese gasheer wat hom ingewy het in die kuns van die hakawati, ʼn tradisionele Arabiese manier om ʼn storie te vertel wat altyd begin met "Daar was ...
LitNet2008-08-13
As lojale en ook rojale ondersteuner van Oppikoppi, het ek my weereens Donderdag aangemeld vir diens. Diens in die sin dat ek voel Oppikoppi kan nie sonder my ondersteuning klaarkom nie. Dis ook nie elke Jan Rap en sy maat wat al 14 van hierdie ...