Bokomo-brekfisbrief; 11/12/08: Navorsing oor spirituele intelligensie (hulp sal waardeer word)

  • 0

 

 

Die spirituele intelligensie van die mens lê in 14 chakras, waarvan sewe in die menslike liggaam.

Dit begin by die knolla (wat lelik is om te sê waar dit is) en loop dan so op tot by die bolla, wat eintlik nou die setel van die mens se spirituele intelligensie is. Soos te verstane, is hierdie bolla 'n baie slim ding. Dit werk soos 'n modem wat die psige in verbinding bring met 'n netwerk van sewe ander sulke knollas-bollas, amper soos ons internet hier op aarde. Die eindpunt is ook net so interessant: dit bestaan uit sewe knollas-bollas wat gesamentlik die Pleiade genoem word. Hierdie sewe knollas-bollas is die vestings van God se sewe geeste (Openbaring 3:1). Jy moet hom natuurlik net aanspreek as die Prime Creator waarvoor ek nog nie 'n vertaling kon vind nie.

Net soos met die internet, kan 'n mens ook die kosmiese ruimte sweef, mits jy natuurlik jou maandelikse bydrae gemaak het om Dominee se Merc af te betaal. Soos met Google, kan jy nou upload en dan knolla jy die bolla, of jy kan download, dan bolla jy die knolla. As jy die knolla bolla, kom jy in aanraking met spoke, engele, voorvadergeeste, ens. En as jy die bolla knolla, verskyn hulle aan jou, praat met jou en kan jy hulle selfs sien. So kan 'n mens datapakkette in die vorm van esoteriese brood of manna bolla-knolla. Selfs kinders kan hulle vrot tande aan die tandemuis knolla-bolla en dan bolla-knolla hy vir hulle so 'n muntstukkie terug. Die moontlikhede is oneindig.

Met al die geknolladery-bolladery verskerp jy jou spirituele intelligensie tot so 'n mate dat jy in 'n amorfe toestand enige plek op aarde in die vorm van 'n draak kan verskyn (Jesaja 14:29 en 30:6).

My navorsing is slegs in die beginstadium, en ek sal dit waardeer indien kenners op dié gebied my daarmee wil help deur data liefs per SêNet te stuur. My modem vir knolla-bolla-ontvangs is nog nie heeltemal in plek nie.

Groete

Angus

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top