Bokomo-brekfisbrief; 15/12/08: Koue Pouveer-skouer

  • 0

 

 

Kry Vroulief my waar ek dikbek sit en sulk. Oor Pouveer my nie na haar Krismispaartie toe genooi het nie.

"Nou hoekom sal 'n Pouveer dan nou 'n Papkop vir ete wil nooi?" wil sy weet.

"Maar sy hét dan al," seg ek. "Onthou jy nou? Saam met die Hoener ennie Groot Loopmaag. Mos."

"O" seg Vroulief, "dis natuurlik hoekom jy jouself weer misdra soos gewoonlik."

"Issie," stribbel ek gebelgd. "Buitendien, jy wassie daarie, so hoe kan jy sommer so-iets ga' staan en kwytraak?"

"Want ek kén vir jou," sprak sy die laaste sprook voor sy ongeërg wegdartel om anner Mevrou Papkop se dinge te gaan doen.

Sit dink ek. Ek moet nog die dag belewe lat Mevrou Papkop oor iéts verkeerd is. Maar ek kan ommie dood nie dink wat ek dan nou by daai ete aangevang het nie. Ek het nogal gekonsentreer om nie my sop te slurp nie, nes Mevrou Papkop my geleer het. Sover ek kan onthou was ek naais en vriendelik met almal. Selfs met Hoener vir wie ek eintlik nog kwaad was toe.

Ek het ook nie te veel gedrink (sover ek kan onthou) nie. Ek het die gasvrou gekomplimenteer en bedank, ook soos Mevrou Papkop my geleer het. Miskien het ek verkeerde tye gelag oor ek nie altoos die gesprek so lekker gevolg het nie - ja, moet dit wees.

Issit dit? Huh Pouveer, issit?

Papkop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top