
Blou Makou laat my behoorlik swymel.
Eens op 'n tyd het Blou Makou só gelyk. Op daardie stadium het PW en Seuns hom mooi in shape gehou.

Maar sedert hy kom aansit het by die vleispotte van die Nuwe Suid-Afrika, is sy welvaart duidelik te siene. Kyk net hier:

Laas jaar het Makou met Asbesmiddag se bekendstelling in Pretoria gepronk aan die sy van Die Stoetmeester. Dit was die "scoop van die jaar".
Maar nou het ons sowaar nóg ʼn stewiger Makou te siene gekry toe hy dit nie kon weerstaan om met sy pote al om die joernalis en digter, Jelleke Wierenga, ʼn makoudansie te skoffel nie. Sy is heeltemal betower deur hom, sien ek.

Sjoe, ek wonder wat ons volgende jaar te wagte kan wees teen dié tempo?
Boereskim

