Ek het Leandré se begrawenisbrief gelees. Dit het my laat dink aan ʼn storie wat ek so ʼn rukkie terug gehoor het van ʼn man en vrou wat hul strandhuisie geen opknap het. Hy het toe mos pensioen gevat en hulle het die strandhuisie gaan koop. Na weke se swoeg en gespartel van herstel en renovasies word die twee een oggend wakker met die dreuning van die see in die agtergrond.
Vrou: Pappa, as ek nou te sterwe sou kom, sal jy weer trou?
Pappa: Haai my vrou, ek weet darem nie, willie daaraan dink nie.
Vrou: Maar pappa, ek sal nie wil laat jy so alleen bly nie.
Pappa: Seker tog maar eendag.
Vrou: Sal julle in die huis bly?
Pappa: Seker, my vrou.
Vrou: Sal jy nuwe goeters koop?
Pappa: Seker, my vrou.
Vrou: Sal jy nuwe matte koop?
Pappa: Weet nie, my vrou.
Vrou: Sal jy die kombuis verander?
Pappa: Weet nie, my vrou.
Vrou: Sal jy haar my nuwe gholfstel gee?
Pappa: Haai nee, my vrou, sy speel links.
Reusedwerg


