Bokomo-brekfisbrief; 21/03/09: Geselsies op die lughawe

  • 0

 

Ek sit vanoggend op die lughawe en wag vir my vriende om te kom. Langs my kom sit 'n oom en tannie, seker so oppad 70 toe. Die oom vra vir die tannie op daar 'n toilet op die lughawe is en sy antwoord: "Nee, daar is nie."

Ietwat vererg help ek haar toe reg en beduie vir die oom waar hy moet gaan. Ek meen, fok, ons het 2010 volgende jaar, hoe sal ons nou nie toilette op die lughawe hê nie?

Moerse beïndruk is die tannie toe met my wat so vriendelik is en ek is dankbaar, want dit is 'n wyle sedert iemand beïndruk was met my ...

"You know, in other countries people just leave you and could not be bothered," seg sy.

So raak ek en die tannie heerlik aan't gesels. Hulle het pas met Virgin se vlug geland, eersteklas nogal, en is op pad na die Table Bay Hotel toe. Hulle kom van Wallis af. Engelse oom en tannie wat op die Walliese platteland woon.

"Oh, you must come to Wales It's so beautiful and peaceful. En daar begin die tannie toe kla oor die misdaad wat so erg raak in die VK.

Ek wou eers vir haar sê, "Fok, tannie, you ain't seen nothing yet", maar besluit toe maar om nie typical te wees nie en probeer 'n ander angle. "Why do you think crime has become such a problem over there?" vra ek.

Sy kyk my so effe agterdogtig aan en sê: "You know, I don't want to be racist, but it's because of all the immigrants ..."

Nou ja, vat so, tannie, dag ek, julle Poms moet iewers op een of ander manier betaal vir die kak wat julle gedurende kolonialisme aangejaag het!

Ek kon egter steeds nie anders as om haar jammer te kry nie.

Neil Kroese

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top