As ʼn roker (ja, Williams) besef ek terdeë die vuur waarmee ek heeldag letterlik speel. Ek probeer my slegte gewoonte so beoefen sodat dit niemand aanstoot gee nie. Naby my of enige iemand en sy/haar kinders doen ek dit eenvoudig nie. En in my werkplek is dit verbode.
Nou verstaan ek dat onse liewe keisers so besorg is oor die mensies se gesondheid dat tabak ironies genoeg een van hul grootste inkomstegenereerders is. Op ʼn bisarre manier verstaan ek dit, sure. As jy so bekommerd is oor die mense se gesondheid, is die mees logiese ding om die produk so moeilik as moontlik bekombaar te maak en steeds beheer uit te oefen: Keur bv jou uitlate. Maar dis nie waar die sinneloosheid uitkom nie, en die maniere om rook te ontmoedig is ʼn onderwerp op sy eie.
Volgens die nuutste wetgewing is dit onwettig om enige mentholsigaret menthol te noem. Dit verwar klaarblyklik die mense, want sommiges dink dis medisyne (wtf!!!!!). Lights is nou ook iets wat onwettig is, so jy vra verniet vir jou pakkie menthol lights by die kafee op die hoek (jip, wtf weereens!!!!!).
Nou kyk, ek kan nog verduur as mense dink ek is onnosel. Ek het simpatie met mense wat weet ek is dom. Maar die hemele weet, vir domastrante mense het ek nie tyd nie. Om die pakkie menthol lights te verander kos die tabakmaatskappye nie een en twee miljoen rand nie, maar sommer baie, baie meer miljoene. Dis nie net die pakkie wat verander nie, maar die hele industrie wat rondom daardie pakkie gebou is. In kort: Dit is geld wat beter aangewend kon word. Soos om ʼn huis of tienduisend te bou, as ek sommer so vinnig dink.
As die tabakmaatskappye vir jou so ʼn groot euwel is, maak dan ʼn wet (as jy ʼn tweederde meerderheid is, is dit mos nie ʼn probleem nie, veral as jy in elk geval ʼn vaal kol vir geregtigheid voel) wat hulle so belas dat dit eenvoudig nie meer lonend is om die bedryf in stand te hou nie! Sure, die goed sal dan ingesmokkel word, maar daarvoor het ons mos die beste doeanebeamptes in die wêreld?
Enige regering wat tien sent blaas, verdien nie my stem nie. Enige stelsel wat toelaat dat een enkele sent in die water gegooi word, is uit die bose, nog meer so as hier honger kinders op straat rondloop op soek na ʼn stukkie brood. Kom ons hol om ons kruisies te gaan trek agter die naam van nog ʼn geneties agtergeblewene. Kom ons juig vir die skuim wat uit sy smoel uitborrel en ons hoop dat die volgende vier jaar effe beter gaan wees.
Kom ons gooi nog ʼn triljoen of wat in die bodemlose put wat ons almal se gewetens so lekker sus.
Imagine hierdie stelsel, hierdie regeerders (en ek sluit die sg suksesvolle opposisierade in) is jou besigheid. Sal jy hoegenaamd toelaat dat hulle dit verder bestuur? So ja, dan't jy nie ʼn idee wat besigheid is nie.
"As jy nie met ʼn sent kan werk nie, sal ʼn miljoen nie vir jou genoeg wees nie" - Ra Mavenster
oester


