Geagte Digter
U het onderstaande neergepen:
Je ne se quoi paramour vive le fraternite allez France je'taime por mon ami pardon le petit boudoir terroir soucciance non regrette rien ... uuhhm ... voule vous (aha!) ... eerr ... rouge ... uh ... moulin ... les blues vive ... deux maggot ... eehh ... boulevard ... eh ... allez liberté! Oui?
En ek, met my kennis van tale (selfs twee vloekwoorde in SeSotho) het opgewonde begin vertaal:
Jene, die koi parra moer met broederskap in Frankryk ...
Dit was so duister soos die res van u geskriffie aan my. Behalwe dat u JJ Rousseau se vryheid en broederskap - sonder die gelykheid - aanhaal, wil dit voorkom asof u wel Moulin Rouge gesien, en die Mossie van Parys se pragtige chanson al gehoor het.
Wat u verder oor twee ape kwytraak, wil ek hier in my petieterige boudoir liefs niks van weet nie!
Nogtans was dit goed om van u te hoor. Oui?
Wee wee! en many tenks, au reservoire
Ellen B


