Ek neem aan jy verwys na die W116-reeks?
Ek haal my hoed af dat jy hoegenaamd probeer het om die ding se engine uit te haal, wat nog te sê dit sewe maal doen.
Kyk, lieflike motors is hulle beslis en soos dit maar is met 'n Mercedes, as jy na hom kyk, dan kyk hy na jou. Moet net nie dat 'n backyard hom diens nie. Daar is 'n rede waarom hulle volgens 'n spesifieke roetine gediens word. Moenie 'n maintenance diens mis nie. Jy vra vir baie pyn later.
Ek het 'n voorliefde vir die W124-reeks. My eerste een was 'n 1991 200E. Ek het hom gekoop met 134 000 km op en verkoop met 460 000 op. Sonder enige noemenswaardige probleme. Duurste probleme was die prop-shaft wat gebalanseer moes word, 'n paar hardy discs agv van die prop-shaft wat uit balans was, een fan belt tentioner en die starter motor moes ek oordoen. Dit was dit.
Terloops, daai selle kar behoort nou aan 'n ou in Bellville wat hom in Voortrekkerstraat gekoop het by een van daai sharks. 'n Week na ek hom sommer in die trade verkoop het en met 'n skamele 230 000 km op. Dié was duidelik by die "fountain of youth", soos hulle sê. Ek sal nie 'n Venter-trailer koop by daai klomp sharks in Voortrekkerweg innie Bellville en Goodwood in nie ...
Maar oor die W116 350 SE. Lieflik inderdaad, maar o jere, so dors! Ek het in 1995 vir twee weke 'n 1977-model C107 450 SLC besit wat ek toe vir 'n bargain R42 000 gekoop het. So 'n goue een met MB mags en rooi leerbekleedsel.
Die kar was in mint kondisie met 72 000 km op sy klok. Dit het my egter nie lank geneem om te besef dat daar nie 'n kans is dat ek die kar se liefde vir petrol kan bekostig nie. Dis eenvoudig nie ʼn commuter nie. Mens ry hulle net Sondae, en ook net op mooiweersdae. Ek het hom toe maar weer verkoop aan iemand wat dit kon bekostig en vir dieselfde wat ek vir hom betaal het. Hy ry nou nog met die kar.
Groete
Neil Kroese


