Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Sewentig maal sewe

Marianne Vorster-Meyer Fiksie 2020-05-25

"Vandag verg dit inspanning om haar gewone dagtake af te handel. Sy bly wonder hoe hy dit regkry om te hoor wat vir Kasper pla. As sy net kan skelm kyk wat hy doen."

Hoekom?

Jannie Pretorius Poësie 2020-05-25

"Duisende muggies speel:
stapelgek, uitbundig
en paaldans op en af"

Middagete

Jaco Fouché Poësie 2020-05-25

"Dis Soetkloof se patat, julle ry verby die lande
op pad die berg in waar die seun hom daardie jaar doodgeval het."

Dit was aand 

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-25

"die dag was goed
in die tyd voor klippe
skedels kon breek"

Soms gaan kuier ek nog by hom

Enrique Grobbelaar Fiksie 2020-05-22

"Maar woorde is soos die episodes van ’n sepie: jy kan ’n paar mis, maar nog steeds die draad later optel. Iemand het die woord op ’n halsband graveer en om sy nek kom hang. Dit skaaf ’n bietjie."

As dit nie vir Oom Krisjan was nie

Adriaan Swanepoel Fiksie 2020-05-22

"Ek onthou die boksgeveg tussen Johnny Ralph en Freddie Mills nog baie goed. Dit was die aand toe Oupa Johannes dood is."

En ek is lief vir jou

Anton Bosch Poësie 2020-05-22

"want nou is elke oomblik saam met jou 
’n kosbare juweel in hierdie lewenskroon" 

Onthou

Melandi Loots Poësie 2020-05-22

"Ons liefwees 
hang soos oomblik-bloeisels 
aan ’n Namakwalandse vrugteboom"

Herfs in die tyd van korona

Anton Döckel Poësie 2020-05-21

"ek voel gewoonlik aan hoe die herfs
stilweg nader kruip soos ’n infeksie."

gonnakok

Marius Coetzee Poësie 2020-05-21

"twee uitgebloeide blomme kan lepel lê
(met nodige ingrype)
insig en kennis prik onskuld
ons is alles en bykans niets"

Bleddie Romeo!

Etienne Lombard Fiksie 2020-05-20

"Gert slinger die visstok neer terwyl die vis nog spartel om los te kom. Hy hardloop na die buitehek en soos ’n wafferse losskakel versnel hy met die smal gangetjie af en deur die stoorkamer. In die voorportaal van die huis, aan die onderpunt van die trappe wat na bo lei, kyk hy beangs op. Sjoe, hy’s onfiks!"

Die man wat my liefhet

Carma Shaw Poësie 2020-05-20

"Die man wat ek liefhet 
staan op rotse waar swarttobies wei; 
hy laat sy blik oor wye waters gly 
en iewers (waar storms oor die diepsee woed) 
saluut ’n albatros verby."

Kwart oor somer

Carma Shaw Poësie 2020-05-20

"Maar sy ken reeds dié voorspel, 
ook die doodsnik wat kom – 
in die vou van die winter 
sterf die somer se blom."

Die middag toe die wyn gesteel is

Jaco Fouché Poësie 2020-05-19

"Die middag toe die wyn gesteel is
het die son ’n halfmaan deur ’n hoë venstertjie gepars"

Lockdown death

Berdéhan Brand Poësie 2020-05-19

"in Ravensmead gaan duiwe dood
in die dag
en die mense lag vir borstortels wat bloei
en meer god raak tussen wit vere"

Anderkant hierdie hede

Carma Shaw Poësie 2020-05-19

"En in my land van drome 
sal ek ontvlug uit hierdie hede 
om (in toekoms of verlede) 
jou op dáárdie plek te vind 
waar jy glimlaggend vir my wink."

My allerliefste

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-19

"sein jou bekoring
in saffraangeel koring, kom stuur jou boodskap
in rooi (so helder soos die son)"

Aan die voet van ’n berg

Anton Bosch Poësie 2020-05-19

"Aan die voet van ’n berg 
op die stoep van ’n huis, 
sit ’n man met ’n baard 
en ’n pyp in sy vuis"

Eende van dieselfde dam

Kristel Loots Fiksie 2020-05-18

"Sy oë versluier, ’n simfonie van sensualiteit wat Amalia laat ril van begeerte. Eintlik wil sy op sy skoot spring, arms om sy nek gooi, bene om sy lyf slaan – maar sy weet niks kom tussen ’n man en sy sigaret nie en sy hou haar in."

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, 50 jaar oud: Skryfwedstryd en slypskool 2020 onbepaald uitgestel (nie afgestel nie)

Corlietha Swart Skryfsake en rubrieke 2020-05-18

"Wees dus rustig en hou voorlopig u inskrywings – dit mag dalk die weninskrywing wees! – veilig by u op ys (so ook die skole s’n by die onderwysers) as u dit nog nie gestuur het nie."

Top