Eva, ek hou van jou!    

  • 5

Fotobron: Unsplash

Eva, ek hou van jou!    

Parmantig – dís hoe ek van Evas hou
want gawe sinne rafel uit
fraiingwoorde koek deurmekaar
en gaan lê verward en verwaarloos in jou hart

Prontuit – dís hoe ek van Evas hou
want wegsteekwoorde
word wollerig en woel die waarheid
tot knoeigedagtes wat vreugde steel

Waaghalsig – dís hoe ek van Evas hou
want waar vrouevoete waag
word branders en woestyne
horisonne sonder einde

Smeulend – dís hoe ek van Evas hou
want minnaars moet mekaar
onbevangevry kan binnedring
in oog en woord en lyf

Eva,
Jou X’e is netjies agtermekaar
vroulik, volrond en bymekaar:
Wat sal Hy vandag van jou vereis
en hoe ver is jy bereid om te reis?

Eva,
Kyk uitdagings vierkantigreguit in die oë –
wees ’n polsende protea in God se tuin!

  • 5

Kommentaar

  • In teenstelling met hoe jy van Eva's hou laat die mens wonder hoe hou hul van "jou" en die prontuit van wegsteekwoorde wat ek voel elke man vir sy beminde wil sê met al die woorde in sy kop maar met die mond wat hom ter einde verraai.

    Dankie vir die lekker lees!

  • Miemie Greyling

    Pragtig Johanette! Jy het ‘n kosbare gawe ontvang, woeker daarmee tot eer van ons Skepper.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top