Die mure maak sin
2022-01-20"Binne die vier mure van my huis
hoor stoele as die son spikkels lag ínskater
voel banke as nag nikssêwoorde úitblaker."
Breinboelie
2021-10-07"waar is die brein se sein dan nou heen
waar die tong se salwende seën
waarom word gister eindeloos herhaal
en in watter stokou oomblik bly jy verdwaal ..."
Volrond vrou!
2021-04-30"diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge"
rooimierwoorde
2020-12-10"jou letters word karakters in ’n vreemde taal
dit verwar my eens korrekte linkerbrein
letters en woorde word syfers wat nie klop nie
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?"
daar’s veel meer binne
2020-11-04"diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge"
Dapper vrou
2020-10-05"Steeds fluister Sy stem in my brose oor
koester die Lam my vodde vlees
omarm my Vader my honger, hunkerende hart"
Eva, ek hou van jou!
2020-08-27"Waaghalsig – dís hoe ek van Evas hou
want waar vrouevoete waag
word branders en woestyne
horisonne sonder einde"
