Geure

  • 1

Foto: Canva

Geure

Soveel geure gom generasies,
sommerso, terloopserig, aanmekaar:
en soos kerrie en kaneel herinneringe kan deel,
so sal jy
– omdat ek so baie van jou hou –
ín my prutpot van onthou
kan
en mag bly
al moet jy binnekort gaan...

Liefste mens,
ek sal ons koelte-kuiers koester,
ons geselsies het ek opgegaar
en vir ewig binne my onthoue ingeroer
Dit sal môre en oormôre ’n maalkolk maak
tot binne-in die laatnag van my hart!

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top