
Foto: Canva.com
Dapper vrou
Skerp en warm en jakkalsslu
sluip jy weer vandag deur my eens parate lyf
jou ruiltransaksie eis my lyf se pond vleis – drupsgewys
lam en gelate aanvaar ek die vasgestelde prys
Jy is my onwelkome vertroueling –
jy ken my stil-skree as ek verlam
maar dapper, my broodnodige deel ontvang.
Tog, deur alles onthou ek die Lam en die Brood …
Steeds fluister Sy stem in my brose oor
koester die Lam my vodde vlees
omarm my Vader my honger, hunkerende hart
Tot ek weereens vreugdevol
my hart ooprol
voor Sy deurspykerde voete.


Kommentaar
Puik digkuns en so raak beskryf. Pragtig.
Diep en mooi verwoord.