
Foto: Canva.com
Breinboelie
My kop skree, maar my woorde is stom
want alles is skielik so skeef en so krom ...
klanke en woorde en sinne vat eindeloos lank
en tyd se smaak word weerloos vrank
waar is die brein se sein dan nou heen
waar die tong se salwende seën
waarom word gister eindeloos herhaal
en in watter stokou oomblik bly jy verdwaal ...
daar’s geen omdraai of U-draai op hierdie pad meer
net ’n cul de sac
wat swanger wag:
’n eensame sperstreep
al wat ongeduldig en onwillig
die brein se bestemming bly kamoefleer


Kommentaar
Baie, baie treffend!
Uitstekend!
Weereens so treffend!!
Weereens so mooi!!