
Foto: Unsplash.com
Volrond vrou!
’n rib?
regtig? ek?
kyk na my ...
net één rib?
niks aan my is so eenvoudig nie
dalk eerder ’n ribbekas
propvol hart en longe
passie en asem
diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge
net een rib ...
skil jou oë en kýk na my!
ek’s dapper en sterk en ywerig
volrond buite en vreugdevol binne
my harde broosheid veilig vermom
ek is binne en Hy is binne-in

