Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Blinde bedes

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-04-29

"verby doringgrendels
rank woorde blind
soos ’n verlore bidsprinkaan"

Allan kom huistoe

Collin Greger Fiksie 2020-04-22

"Skoonma verrys soos ’n hersenskim agter hom en bevestig – ja, Allan is daar. Ek kan inkom en, kondig hulle selfvoldaan aan, hulle het besluit Allan gaan voorts by hulle woon en hy gaan nie saam met my nie. Hulle het klaar besluit." 

Reguitpraat

Andries Fourie Poësie 2020-04-22

"Jy't jou afpaktas
vol hoop gelaai,
’n oog gesluit
en deurgery."

 

Hoe die oorlog eindig

Alain Stafford Thompson Poësie 2020-04-21

"Soos ons ’n vyand veg wat niemand kan sien
Soos die wêreld vasgevang is in die net COVID-19"

Draadkarman

Andries Fourie Poësie 2020-04-21

"jy sien hom eers in seine
en daarna in sy lyf
hy stoot sy kar tot teen jou
half ongemaklik styf"

Applous

Marius Coetzee Poësie 2020-04-21

"iets aan dié spektakel van applous
bly vir my banaal
selfs primitief"

Bevryd bly

Margaret Cordier Poësie 2020-04-21

"mag my sielsblare
turgessent in vettigheid
drieledig bly blom"

Herinneringe van Hermanus

Dawid de Villiers Skryfwerk 2020-04-17

"Daar was die familiestrandhuis met menige goeie herinnering aan die tyd tussen 1962 en 2008 toe ons dit besit het. Daar was ook ’n paar hartseer tye, veral ten opsigte van my ma en haar psigiese agteruitgang."

Derde Taalbeweging

Anton van Rensburg Poësie 2020-04-16

"Van land tot verre land
kom ons geslote kloosterorde
elektronies in beweging"

Marina Tsvetajeva skryf

Waldemar Gouws Poësie 2020-04-15

"vir maande al eet ons
nou perdevleis
ook net die goedkoopste snitte"

Muiter aan boord RMS Exempli Gratia

Henning Janse van Vuuren Fiksie 2020-04-08

"'We have to turn this ship around,' het die uitvoerende hoof met presiese panache tydens een van vele werksessies benadruk en die skip se nuwe koers geolie uitgestippel. Net daar, tóé, aan die begin van die tweede termyn, het ’n opgewondenheid in die personeelkamer posgevat. Dit het selfs begin reën ‒ ’n gewisse teken van ’n koersvaste, voorspoedige reis."

Foto uit Wuhan: 4 April 2020

Elize Koch Poësie 2020-04-08

"ek gee twee kersies aan
deur die hek 
ontsmet die glitterpop dis al wat ek vandag het"

Bybel in Kaaps: Markus 10 (deel 2)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2020-04-06

"Die blinne man het sy jas eenkant op die grond gegooi, hy't opgespring en na Jesus toe gegan."

Bybel in Kaaps: Markus 10 (deel 1)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2020-04-06

"Jesus het die kinnertjies in sy arms vasgehou. Hy't sy hanne op hulle gesit en hulle geseën."

Tyd

Marius Coetzee Poësie 2020-04-06

"tyd fnuik ons
tyd swem in woordstrome
tyd is ’n krummel wat ’n brood geword het"

To fly a mockingbird

Morné du Preez Poësie 2020-04-03

"hold out thy hand so they could rest,
the night would die, the endless sky."

Bybel in Kaaps: Psalm 11 tot 13

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2020-04-01

"Ek sal vi die Jirre sing, wan Hy was goed vi my."

Regtig

Mariska Pienaar Poësie 2020-03-31

"Is daar regtig ’n haas in die maan 
en is hy alleen of het hy ’n maat? 
Is daar regtig ’n Vader Kersfees 
of is dit net ’n leuen van kindwees?"

Vensters

Mariska Pienaar Poësie 2020-03-31

"Buitekant die vensters tussen hulle en ons, 
daar waar kar-uitlate en toeters gons, 
dwaal die asemlose spoke." 

Geen (on)heiligheid

Lydia le Roux Poësie 2020-03-31

"In die 1-heid van 'same love' 
waarom is daar 2-spalt?" 

Top