
Fotobron: Canva
Vlerk
As ek vlerke gehad het,
sulke Engele-vlerke ─
nie ’n vlindervlerk,
of ’n vlerk van Daedalus
wat soos was in die son kon smelt,
of selfs ’n ystervlerk kopergoud
uitgestrek vir die wildste wind ─
sou ek vra vir ’n veerlighart
en oë wat kan sien
vir daai derwaarts vlug,
sweef en pyl en sweef
met die spoed van lug
sou ek ’n tontel wees
vir elke ster vêr ─
die duister in.


Kommentaar
Dankie Litnet vir die mooi grafika en die plasing van my gedig.
Goed gedig Morné
Wow Morne, wow jy mag maar.
Dankie Andries en Heila vir julle saamlees
Baie mooi woorde, Morne. Baie trots op jou XXX❤❤❤
Dankie. Daar is min wat deesdae vlieg. Jy verlig die las en laat ons spring.
Baie dankie Visser, ja ons moet onthou van ons Adem en dankie vir jou aansporende kommentaar.
Verruklik, roekeloos!