Morné du Preez

Morné woon in Brackenfell in die Kaap. Hy het weens omstandighede onlangs begin dig en skryf hoewel hy in sy skooljare gedig het. “Ek voel half dat ek hou van dig in ’n abstrakte styl aangesien my uitkyk op die lewe abstrak van aard is. Ek put ook baie inspirasie uit kuns en mededigters.” Hy is ’n lid van Ink sowel as die Amateur Skrywers Bond (ASB) waar sy gedig vir kinders, Tierlantonkels, in ’n versamelbundel verskyn het. Morné is ’n kunsliefhebber en skilder graag. Die buitelewe en veral die oseaan is sy toevlug en hengel is een van sy stokperdjies.

Witborsduif

Morné du Preez Poësie 2026-04-16

"Vere wit en pronk
vlerke vonk
uitgestrek;"

Roerloos

Morné du Preez Poësie 2025-05-22

"want soos jy in die môrestond bloei
skryf ek drome in die donkerte"

Menswees

Morné du Preez Poësie 2022-08-25

"sewe dae se slaap is nodig
om die sondes
die aangetaste betaste vervuiling
van menswees te suiwer"

Naakstudie

Morné du Preez Poësie 2022-07-20

"jou stem was nog nooit so verruklik
toe jy weet van my, en ek van jou"

What if this night

Morné du Preez New writing 2022-02-08

"for what if this night 
came as a spirit 
dimming out the melancholy, 
ripples of fear dissolving in a stream" 

In stilte 

Morné du Preez Poësie 2022-01-31

"ons lê langs ’n stroom 
ek wonder waarvan jy droom"

Formule van ’n siel

Morné du Preez Poësie 2021-07-21

"uiterlike verpakking in ’n vertoning van mens 
of die doen wat alle bewegings meganiseer, 
’n polsende deeltjie van ’n atoom 
gedurig in ’n oorlog met homself"

Digsondes

Morné du Preez Poësie 2021-04-16

"’n honger vanuit die diepste kelder, 
met hande, duisende hande 
wat soos broeikuikens kwinkeleer 
om van ’n onskatbare kennis te leer."

Klaaglied van ’n houtstoel

Morné du Preez Poësie 2020-12-03

"Al het ’n blom ’n kelk en steel 
bly ’n blom ’n blom; 
al het jy die hoek en ek die tee 
is dit tog waar meester sy tyd bestee!"

Along came the wind

Morné du Preez New writing 2020-11-16

"Thus the dead speak swift as the wind?
The chiming tunes, 
The thumbing thunder that rolls, 
smashing the hills in moments of grace."

Die kenmerke van illusie

Morné du Preez Poësie 2020-11-13

"die dag se wolkies wat oor die bloutes koets 
’n hunkerhart wat polsend soek, 
na die vryheid van jeug"

Albatros

Morné du Preez Poësie 2020-10-14

"Is jou stilsweef ’n sonopkoms 
’n geskakeerde refraksie 
in die eb en vloei van getye, 
van lewe en dood."

Bring vir my die nag

Morné du Preez Poësie 2020-10-12

"Bring my die nag 
met sy swart sluier helder hunkermaan 
waar my vingers woorde soek 
grensloos oor die taal van jou lyf" 

Vlerk

Morné du Preez Poësie 2020-07-30

"met die spoed van lug
sou ek ’n tontel wees"

Die windpomp

Morné du Preez Poësie 2020-06-11

"die gorras blink droog,
dors tortelduifies knip oog
die kraaie kras tussen die kanotgras"

Top